“Dit is waarlik ’n geskenk om iemand te vind wat so seker en vol selfvertroue is,” sê Nicole (35). “Iemand wat my in my loopbaan ondersteun, in my glo en wat sterk genoeg is om terug te staan en te kyk hoe ek straal.”

Die oomblik toe sy Clint die eerste keer sien. Foto: M-Net/Survior SA
Nicole spring met oorgawe in Clint se arms in. Foto: M-Net/Survior SA
Dit was duidelik hoe baie sy Clint gemis het. Foto: M-Net/Survior SA
'n Roerende oomblik tussen die paartjie. Foto: M-Net/Survior SA
Die was 'n emosionele oomblik toe hulle mekaar weer sien. Foto: M-Net/Survior SA
Haar mede-deelnemers het bewoë geraak toe hulle die herontmoeting sien. Foto: M-Net/Survior SA

Nicole, ’n gekwalifiseerde apteker en bemarker, en die veearts Clint Austin, wat in Johannesburg woon, het verlede jaar verloof geraak net ’n paar maande nadat sy in die laaste episode van M-Net se werklikheidsreeks Survivor SA te sien was.

Die topdriefinaliste in die reeks was Nicole, Rob Bentele en Durao Mariano. Rob is eindelik as die wenner aangewys. 

Nicole is in 2018 as Mev. Suid-Afrika aangewys. Sy was voorheen getroud en het twee kinders, Josh en Tatum. Sy is geskei kort nadat sy die titel gewen het.

Sy het Clint in ’n baie donker tyd in haar lewe ontmoet, vertel Nicole. “My broer en beste vriend het ons toevallig in die verbystap by ’n swembad voorgestel, en ek het op daardie oomblik geweet daar is iets magneties en onmiskenbaar tussen ons.”

Nicole en Clint het verloof geraak kort nadat sy a
Nicole en Clint het verloof geraak kort nadat sy aan Survivor deelgeneem het. Foto: Verskaf

Hul eerste afspraak was ’n 5 km-drafsessie en sedertdien het hulle verskeie avonture saam beleef.Sy sê hulle deel baie soortgelyke agtergronde en ervarings in verhoudings wat hulle deurwinter en gevorm het. “Ek onthou baie vroeg al het Clint vir my gesê: ‘Ek glo nie in feëverhale nie, maar ek glo in inspirerende stories en miskien kan ons so storie wees.”

Nicole en Clint voel albei sterk daaroor om eg aan hulself te wees, selfs al is dit onkonvensioneel.“Ek is nie ’n groot aanhanger van blomme, afsprake of diamante nie,” vertel Nicole. “Ons glo daarin om ware verbintenis met mekaar te vier deur gehaltetyd saam deur te bring en herinneringe te maak.”

Dit is een van die redes waarom hulle besluit het om in Desember in ’n intieme troue saam met net hul naaste vriende en familie op ’n plaas in die Vrystaat af te haak.

“Ons is oop met ons klein groepie vriende en familie wat genooi is. Hulle weet dat dit ’n informele piekniek buite sal wees waar daar sosiale afstand sal wees, maar waar ons dit steeds saam kan vier. Die pandemie het glad nie ’n demper op ons planne gesit nie. Dit was eintlik ’n baie goeie herinnering oor wat ’n troue eintlik moet wees – twee mense wat hul liefde vir mekaar vier en nie al die ander tierlantyntjies nie.”

Nicole vertel sy en Clint, asook die gaste, het die troue al speels die “anti-troue” begin noem.

Die paartjie sien uit daarna om hulle liefde saam
Die paartjie sien uit daarna om hulle liefde saam met vriende en familie op ’n plaas in die Vrystaat te vier. Foto: Verskaf

“As onkonvensionele nonkonformiste verafsku ons die instelling van die huwelik wat kommersieel gemaak is en ’n verbintenis tussen twee mense in ’n vertonerige seremonie verander het wat moet afwys en ander beïndruk.

“Ons wil dinge eenvoudig hou en daarop fokus om ons suiwer verbintenis te vier. As natuurliefhebbers beplan ons om onder die bome te staan op ’n vriend se plaas wanneer ons die volgende stap in ons reis neem.”

Sy is baie opgewonde om ’n leeftyd van avonture saam met Clint deur te bring, sê Nicole. “Baie mense vra my of ek bang is om weer te trou. Ek is bang vir baie dinge. Insluitende hoogtes. En steeds klim ek berge uit.”

Sy het in 2018 tot by Everest se basiskamp geklim in ’n poging om geld in te samel vir Rare Diseases SA, asook om bewusmaking daaroor te doen. 

Sistiese fibrose is op ses weke by haar dogter, Tatum, gediagnoseer. Dit is ’n raar genetiese siekte wat verskeie organe in die liggaam aantas, hoofsaaklik die longe en pankreas deur dit met dik, taai slym te vul.

Nicole lees ’n storieboek vir haar seuntjie, Josh,
Nicole lees ’n storieboek vir haar seuntjie, Josh, en dogtertjie, Tatum. Foto: Verskaf

Intussen het haar liefdadigheidsorganisasie, Uprising, begin om geld vir Choc, die kinderkankerstigting van Suid-Afrika en Rare Diseases SA in te samel deur mense op reise reg oor die wêreld te neem.

“Ons moet bang wees,” meen Nicole. “Ek verafsku die woord ‘vreesloos’. Vrese is daar om gekonfronteer te word. 

“Wat dit spesiaal maak, is dat ek wel die vrees voel, maar steeds die geskenke van liefde en vertroue gee in die verhouding. Niks in die lewe is ’n waarborg nie. My dogter het my dit geleer.

“Haar lewe se lewe is broos en onvoorspelbaar, maar tog, so is alle lewens. Ons skep hierdie illusie van permanensie wat ons toekom om ons veiliger te laat voel. Ja, ons het ’n diep behoefte vir veiligheid en voorspelbaarheid as mense, maar ek het geleer dat die verwronge raak. Wanneer ons onsekerheid kan omarm, word ons aanpasbaarder met die vermoë om terug te bons en nie te breek nie en om elke oomblik te geniet vir wat dit is, met die vreugde en groei wat dit bring.”

Clint ondersteun Nicole in al die uitdagings wat s
Clint ondersteun Nicole in al die uitdagings wat sy aanpak. Foto: Verskaf

Voor sy Clint ontmoet het, het sy die lewe in swart en wit gesien en sou sy so geleef het sonder om te weet dat daar meer is, sê sy.

“Nou sien ek die lewe in kleur. Ek is so ongelooflik dankbaar vir elke tree wat my tot by hierdie oomblik gebring het. Eindelik weet ek wat dit beteken as iemand vir jou lief is vir wie jy regtig is.”

Hulle is lief daarvoor om saam avonture aan te pak en klim graag saam berge uit. Hier is hulle op die Mafadi-berg, die hoogste piek in Suid-Afrika. Foto: Verskaf
Hulle is lief daarvoor om saam avonture aan te pak en klim graag saam berge uit. Hier is hulle op die Mafadi-berg, die hoogste piek in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Sy voel sterk daaroor dat ’n huwelik jou nie in iets ander verander of jou iemand se eiendom maak nie. “Ek is opgewonde om die res van my lewensavontuur saam met hierdie wonderlike mens deur te bring, maar ek sal 100% myself bly. Ek is Nicole Capper en my identiteit sal nie verander wanneer ek trou nie. Ons albei neem ’n stap wat ons liefde en verbintenis as twee onafhanklike, heel mense vier. Ons maak nie mekaar heel nie; ons verbeter eerder mekaar se lewens. 

Nicole sê sy sien die lewe saam met Clint in volle
Nicole sê sy sien die lewe saam met Clint in volle kleur. Foto: Verskaf

“Dit gaan nie daaroor om ‘man en vrou’ te word nie; dit gaan daaroor om saam te beplan wanneer die steil hellings oor jou pad kom, te besluit watter Netflix-reekse om saam deur te draf en die Jerusalema saam met ons kinders in die tuin te oefen.”