Sedert die nuus op Maandag 15 Oktober op Kensingtonpaleis se sosialemediablaaie bekendgemaak is, skyn die kollig nog helderder op die hertog en hertogin van Sussex. Die twee het hul eerste babageskenke op hul koninklike toer na Australië ontvang, berig Hello.

Sonder die bekommernis om haar babamagie te moet wegsteek, het die toekomstige ma in ’n pragtige noupassende moulose rok deur die Australiese ontwerper Karen Gee verskyn, berig People.

Sy het die uitrusting afgerond met ’n paar skoenlapperoorbelle van goud en diamante wat prinses Diana in Maart 1986 op haar reis na Kanada gedra het. 

Die 37-jarige het ook die wyle prinses se goue armband gedra wat sy in 1990 by die Lord Cage-sentrum vir bejaardes gedra het, skryf Daily Mail.

Dit was nie die eerste keer dat Meghan op ’n subtiele manier aan prinses Diana hulde gebring het nie.  

Sy is al meermale soortgelyke kledingstukke as Diana sien dra. Haar uitrusting na die Vaandelparade en haar trousluier is twee voorbeelde wat gereeld genoem word, berig Woman’s World

Bronne: Hello, People, Daily Mail