Prinses Charlene en haar gesin
Prins Jacques en prinses Gabriella lyk omtrent sjiek. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die sesjarige dogter van prinses Charlene en prins Albert het die kollig gesteel met haar deftige pienk uitrusting, kompleet met bypassende hoed en byderwetse swart-en-wit tekkies. Haar voorkoms is met wit kouse en ’n blink silwer handsak afgerond. Ma Charlene het natuurlik so stylvol soos altyd gelyk in ’n lang swart-en-rooi jas met ’n swart baret daarby. 

Prinses Charlene en haar gesin
Prinses Charlene, prins Albert, prins Jacques en prinses Gabriella. Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die mans van die gesin het dit eenvoudig gehou met donker jasse. Gabriella se tweelingbroer, prins Jacques, het ook tekkies gekies en ’n vlootblou mus om die winterkoue af te weer. 

Sint Dévote-dag is ’n nasionale vakansie in Monaco en is na ’n Christen-beskermheilige genoem wat volgens oorlewering in die vierde eeu gemartel en doodgemaak is. 

Inwoners verbrand elke jaar ’n boot ter ere van Devota, ’n jong vrou van Korsika, wat onder die keisers Diokletianus en Maksimianus Maximian deur die prefek Barbarus vermoor is. 

Volgens die legende het gelowiges haar lyk in 303 n.C. in die nag verwyder en op ’n boot na Monaco geneem om in ’n kapel te begrawe. 

Prinses Charlene en haar gesin
Die koninklike gesin verband ’n boot ter ere van Devota. Foto: Gallo Images/Getty Images

Albert (62) het aan People gesê dit was ’n “intieme gesinsgeleentheid” weens kommer oor die coronakrisis en omdat sy vrou “nie van groot vierings hou nie”.  

Dit was nie die eerste keer dat die tweeling stylvol uitgevat was nie. Blaai deur ons gallery om van hul modieuse voorkomste deur die jare te sien. 

Kyk net hoe oulik! Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images
Prinses Charlene en haar gesin
Foto: Gallo Images/Getty Images

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK; PEOPLE.COM