Toe ons haar vroeër vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn raakloop, het sy vertel sy het eintlik net opgehou om die verkeerde goed te eet en suiker en stysel uitgesny.

“Die eerste vier dae lank hunker ’n mens na sekere kos, maar dan gaan dit verby.”

Sy straal duidelik nuwe self­vertroue uit. Foto: Facebook.

Sy het onlangs op Facebook nog ’n geheim gedeel toe sy sê sy kry endermologiesessies.

Dis ’n behandelingsproses wat die vel se tekstuur en soepelheid verbeter.

Die gewilde Classics Is Groot is vandeesmaand terug en Corlea sal in albei konserte op 9 Junie (om 13:00 en 19:30) in die Sun Arena Time Square by Menlyn Maine in Pretoria te sien wees.

Later vanjaar is sy te sien as ’n kenner in Die Kontrak op VIA. Daar soek sy en die musiekmaatskappy Coleske Artists ’n groot nuwe Afrikaanse musiekmaker, wat dan ’n platekontrak kan losslaan.