Die 53-jarige Australiese model is ’n ruk gelede ná ’n huwelik van vier jaar van die biljoenêr-hotelerfgenaam Jeffrey Soffer (49) geskei.

Elle Macpherson TOE. Foto: Gallo Images/Getty Images

En al het sy steeds die lyf wat haar al vyf keer op die voorblad van Sports Illustrated se swemdraguitgawe laat beland het, vertel sy sy is deesdae minder bewus van hoe sy lyk.

Elle Macpherson NOU. Foto: Great Stock/Backgrid

“Met die jare het my klem verander. Nou kyk ek na my lyf nie sodat dit goed lyk nie, maar sodat ek gesond kan wees.”