Jawaahier speel tans Kaashifa Mansour in die kykNET-sepie Suidooster, terwyl haar jonger broer, Ashur, die sanger en afrigter Francois van Coke se span gehaal het in die derde seisoen van The Voice SA op M-Net.

Jawaahier in nog ’n toneel uit dié sepie.
Die aktrise Jill Levenberg en Jawaahier in nog ’n toneel uit dié sepie. Foto: Verskaf
Jawaahier Petersen in ’n toneel uit die kykNET-sep
Jawaahier Petersen in ’n toneel uit die kykNET-sepie Suidooster. Foto: Verskaf

“Ons is mekaar se grootste ondersteuners. Ons weet hoe moeilik dit is om in die vermaakbedryf naam te maak; dus deel ons in mekaar se sukses,” verduidelik Jawaahier.

Ashur saam met sy pa, die ontslape musiek­legende
Ashur saam met sy pa, die ontslape musiek­legende Taliep Petersen. Foto: Instagram/@ashurpetersen

“Ek is mal oor my pa se werk en sy nalatenskap, maar ’n mens moet ook self iets bereik,” sê Ashur.

Ashur op die stel van The Voice SA.
Ashur op die stel van The Voice SA. Foto: Instagram/@ashurpetersen

Een ding is volgens hom seker: “Die wêreld sal die Petersen-sibbes ken.”