Taylor (28) het onlangs ’n video op Instagram gedeel van ’n olyftakkie en ’n handgeskrewe brief wat die Fireworks-sangeres vir haar gestuur het waarin sy jammer sê.

In die video getiteld Thank You Katy sê Taylor: “Ek het pas by my kleedkamer aangekom en dié olyftakkie gekry. Dit beteken so baie vir my.”

In die brief, wat in die video sigbaar is, staan: “Haai, ou vriendin, ek het baie gedink oor die misverstand in die verlede en seergemaakte gevoelens tussen ons.”

Sy het bygevoeg sy is “jammer” en wou “dinge regstel”. Tog lyk dit of Katy (33) reeds ’n rede gevind het om haar weer vir die Shake It Off-sangeres te vererg.

Foto: Instagram

“Katy het verwag Taylor sou iets daaroor deel, maar sy het nie verwag die brief sou in die sosiale media gedeel word nie,” sê ’n vriend.

“ ’n Mens kan net ’n deel sien van wat Katy geskryf het en daarin lyk dit asof sy verantwoordelikheid vir die hele vete aanvaar.”