Roger Alvarado (23) is reeds deur die hof verbied om naby haar blyplek te kom nadat hy verlede April by dieselfde eiendom ingebreek het. Toe het hy homself heerlik tuisgemaak deur te stort en in haar bed te slaap, waar die polisie hom vasgetrek het.

Maar op 7 Maart vanjaar het hy ’n venster gebreek en haar dakwoonstel binnegegaan. Sy was genadiglik nie tuis nie.

Net die vorige dag het sy in ’n essay vir die tydskrif Elle geskryf sy leef in vrees vir haar eie veiligheid en dié van haar aanhangers.

Die sangeres het erken sy was “vrees­bevange om op toer te gaan” ná die terreuraanval in 2017 by Ariana Grande se konsert in Manchester. En Taylor se vrees vir geweld het ook nou na haar persoonlike lewe oorgespoel.

Ariana Grande het op 6 Desember 2018 die Billboard
Ariana Grande het op 6 Desember 2018 die Billboard Women In Music-geleentheid in New York bygewoon. Foto: Kevin Mazur/Getty Images vir Billboard

“Ek probeer om myself elke dag daaraan te herinner dat daar ook goed in die wêreld is, die liefde wat ek ervaar het en die vertroue wat ek in die mensdom het.

“Ons moet dapper leef om weliswaar lewendig te voel en dit beteken om nie deur ons grootste vrese beheer te word nie.

“Ek dra QuikClot-weermaggraadverbande saam wat vir skiet- of steekwonde bedoel is,” het sy erken.

“Webtuistes en skinderkoerante het dit op hulself geneem om elke huisadres wat ek al gehad het aanlyn te deel. ’n Mens kry genoeg bekruipers wat by jou huis probeer inbreek en jy begin jouself op slegte dinge voorberei.”

'Nee vir haar musiek, maar sy's gaaf'

Alvarado het glo geen berou oor wat hy aangevang het nie.

"Ek wou haar nie seermaak nie. Ek wou net met haar praat. Sy lyk so gaaf en cool," het hy aan The New York Post gesê.

Hy het ook gesê hy hou boonop meer van hip-hop as van Taylor se musiek.

Drie van Taylor se nagmerrie-bekruipers

Taylor getroud?

Brent Shannon Thicksten (toe 43) van Oregon het in Desember 2017 'n voetganger in Portland met ’n mes aangeval. Hy het die polisie vertel dat hy met Taylor getroud is en dat sy hom aangesê het om die voetganger dood te maak.

Dit was nie Thicksten se eerste kennismaking met die lang arm van die gereg nie. Hy is in 2014 in hegtenis geneem toe hy glo twee vurkhysers gesteel en skade aan eiendom aangerig het.

Doodsdreigemente

Frank Andrew Hoover (toe 39) van Texas het van Mei 2015 tot Oktober 2016 dreigbriewe aan Taylor se pa, Scott, gestuur.

In een van die briewe het hy glo die hele Swift-gesin met die dood gedreig: "Besluit ons gaan al die Swifts in een dag stop, want ek kan nie die virale k*k wat jou dogter versprei, hanteer nie."

Hoover is ’n opgeskorte vonnis van 10 jaar opgelê en hy mag nie binne 1,6 km van Taylor en haar gesin kom nie.

'My fantasie'

Mohammed Jaffar (29) van Pennsilvanië is in Maart 2017 in hegtenis geneem nadat hy haar kantoor met 59 oproepe in drie weke geteister het.

Hy wou haar glo ontmoet en tyd saam met haar deurbring. Hy het ook haar deurklokkie gelui en selfs op die dak van haar gebou gaan rondlê.

Maar hy het haar reeds van 2014 op Twitter begin teister. Hy het foto's van haar gedeel met boodskappe soos: 'Die gelukkigste man in die wêreld om by jou te wees" en "Jy sal altyd my fantasie werklik maak."

Jaffer het ook beweer hy is die persoon wat Katy Perry gehelp het om haar loopbaan van stapel te stuur.

Hy is in Mei 2018 skuldig bevind aan inbraak en bekruipery en tot ses maande tronkstraf gevonnis.

Bronne: katu.com, pagesix.com, newyork.cbslocoal.com, elle.com, oxygen.com, ibtimes.com, tmz.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.