“Desember is die tyd om nuwe plekke en dinge te sien. Julie is vir my ’n tyd van lees en slaap,” meen sy.

Maar sy het lees deel van haar werk gemaak.

Sy is weekliks te sien as die aanbieder van die kykNET-webreeks Bibi Se Boekrak, waar alles rondom boekenuus binne vyf minute bespreek word.

Akteurs soos Leandie du Randt Bosch en Schalk Bezuidenhout het ook al oor hul gunstelingboeke kom gesels en die skrywers Annie Klopper en Beyers de Vos maak eersdaags ’n draai.

Bibi, wat gewoonlik agter die skerms werk, was tot onlangs ook korrespondent vir die kykNET-program Die Ware Naarheid saam met Erns Grundling (middel) en Schalk Bezuidenhout.
Leandie du Randt Bosch gesels oor die selfhelpboek Unashamed.
Sy was ook aanbieder van die boekeprogram In die Bed met Bibi op VIA aan.

Gaan sy nie ’n tekort aan inhoud hê vir die 40 episodes wat tot in Maart volgende jaar uitgesaai word nie?

Nie maklik nie. Sy het vanjaar al meer as 65 boeke gelees.

“Niks druk my om ’n boek te lees behalwe die feit dat dit vir my lekker is nie.”

FOTO'S: INSTAGRAM