“Ek stel aan julle voor, my nuwe regterhand en beste maat, Trompie Peyper,” skryf Brendan by die eerste foto wat hy van die oulike hondjie in die sosiale media gedeel het.

Ek stel aan julle voor, my nuwe regterhand en beste maat, Trompie Peyper. As julle dink hy is oulik, gaan follow hom asb?? ek is seker hy sal dit baie waardeer ??????@trompie_peyper

A post shared by Brendan Peyper (@brendan_peyper) on

“As julle dink hy is oulik, gaan follow hom asb, ek is seker hy sal dit baie waardeer,” por Brendan die mense verder aan.

Meer as 3 000 mense het in slegs drie dae die hondjie op Instagram gaan volg. Hulle is boonop met vyf foto’s beloon van Trompie wat te dierbaar lyk.

Skouperd ??

A post shared by Trompie_peyper (@trompie_peyper) on

Brendan het ook al in sy Instagram Stories Trompie se eerste bad, ’n motorrit en die hondjie wat snoesig in sy gekamoefleerde bedjie slaap, gedeel.

Foto: Instagram.
Foto: Instagram.
Foto: Instagram.

Dit blyk of die hartebreker se nuutste lid in sy boksombende beslis ook sal kan help om die meisies se harte te laat smelt.

Brendan is nie al bekende wat al vir hul troeteldiere Instagram-profiele geskep het nie.

Die werklikheidster Kylie Jenner het een vir haar twee honde Normie en Bambi en die sangeres Miley Cyrus se skattige katkind Shanti Om Bb spog met 105 000 aanhangers op Instagram.

Kylie se hondekinders Norman en Bambi.

Normie en Bambi. Foto: Instagram.

Miley se katjie Shanti Om Bb.

Shanti Om Bb. Foto: Instagram.