Diaan, wat ons leer ken het as Paula van der Lecq in 7de Laan, en haar man, Jody, wat tans te sien is in die telenovela Arendsvlei op kykNET & kie, het twee kinders, Olivia-Rose (8) en Thomas (5).

View this post on Instagram

This is why... 30 Days.

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

Die aktrise en vervaardiger van die VIA-mooimaakprogram Die Skatties het onlangs ’n foto van haar jongste spruit op Instagram gedeel. Hy is op pad gr. R toe. Op die foto kan Thomas by sy kleuterskool se gradeplegtigheid in sy toga en bypassende pet gesien word.

“Thom gradueer. Gr. R hier kom ons. Hou ons dop, wêreld!,” skryf die trotse ma.

View this post on Instagram

Holiday fun. #izikosouthafricanmuseum. Great visit!

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

“Thomas is al sedert sy babadae ’n introvert. Al is hy nou skugter, het hy uit sy dop begin kruip.

Hy is gek daaroor om snaaks te wees en sal altyd kyk hoe hy iemand kan laat lag,” het Diaan voorheen in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel.

View this post on Instagram

Bliss. #thefaceofjoy #myguy

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

“Hy het ’n kreatiewe brein. Hy bou die ongelooflikste Lego en sal na iets kyk en dit skets soos dit is."

“Dit was Dinsdag moeilik vir Thomas om sy juffrou te groet, want hy is baie lief vir haar. Maar hy is ook opgewonde om eindelik groot skool toe te gaan,” vertel Diaan aan Huisgenoot.

“Ons het gister ’n paar trane gepink, want hulle raak so gou groot, maar met elke fase in die lewe moet jy tot siens sê en vir ’n nuwe begin gereed maak.”

Te midde van die druk van die bedrywige lewe van twee werkende ouers in die vermaakbedryf probeer hulle altyd om by hul kinders se skoolgeleenthede te wees.

View this post on Instagram

Love ?

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on


“Ons wil elke oomblik daar wees en elke mylpaal saam met hom en Olivia vier,” sê Diaan aan Huisgenoot.

“Ons wil graag by elke skoolkonsert wees en ons kinders elke dag by die skool op- en aflaai,” sê Diaan.

Sy en Jody probeer altyd hul lewe so reël dat een van hulle ná die skooldag by die kinders by die huis is.

Daarom sal hulle nie gelyktydig werkprojekte aanpak wat ongereelde ure verg of hulle uit Kaapstad wegneem nie.