"Elah chill bietjie by tannie Cara Brink," skryf hy by die foto waar sy effens glimlag. 

Elah chill bietjie by tannie @carabrink

A post shared by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on

Cara is Bobby en Karlien se jongste suster. 

En natuurlik het die trotse mamma kommentaar gelewer. "Verlief," skryf Karlien by die foto waarop Joe antwoord: "Next level."

Aanhangers kon nie uitgepraat raak oor Elah se pragtige ogies nie. 

"Aa, sy is die oulikste ou dingetjie! Daai ogies sê so baie vir 'n mens. Dis asof sy met jou deur haar ogies gesels," skryf een.

"Ag, maar sy is te mooi, daai ogies kyk tot in 'n mens se hart," skryf nog een.

"Vir seker die mooiste poppie onder die son!" skryf Rika Ernst.

Karlien deel gereeld die oulikste foto's van klein Elah. 

Elah is nie lus vir die foto nie. Sorry my baba maar jy lyk baie cute??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Kyk my pêrels!!! Dankie @carlohayes jys die beste Juwelier????????????????????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Elah is op 7 Oktober 2017 vroeggebore en is die sangeres se eerste kind by haar man, Joe.

Karlien se tweelingseuns, Daniël en Eliah, is gebore uit haar huwelik met die voormalige Blou Bul Derick Hougaard.

Helemal in karakter #Eliah #Daniël

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on