Klein Elah is in Desember ook in die hospitaal opgeneem. Karlien het toe onthul dat Elah 'n bloedklont ontwikkel het in die aar wat bloed na die lewer en ander noodsaaklike organe vervoer.

Elah is onlangs weer in die hospitaal opgeneem om 'n operasie te ondergaan wat volgens Karlien (33) onsuksesvol was.

"So ek weet al wat eintlik altyd gedeel word op sosiale media is goeie tye. Maar ongelukkig is dit nie hoe die werklike lewe elke dag lyk nie. Wel myne doen definitief nie," het Karlien op Instagram geskryf by foto's van klein Elah in haar hospitaalbed.

"Ek dink nie my geloof was al ooit so getoets soos in hierdie laaste paar dae nie, om te sien hoe dinge van sleg na slegter gaan en dan steeds te vertrou dat God nog dieselfde as gister, nog steeds goed, nog steeds in die situasie is, dat Hy nie nou iewers heen verdwyn het of gaan wegkruip het nie, maar steeds langs my sit op hierdie steek-gebergte in die Suide, en my babatjie diep in Sy binne-vlerk bere," skryf die ma van drie.

"Die langverwagte operasie waarna ek en my man vreeslik opgesien het vir Elah om deur te gaan het gebeur. Al waarna ons uitsien is dat ná hierdie massiewe prosedure sy dan uiteindelik gesond gaan wees! Dit laat ons moed hou en deurdruk met als," skryf Karlien.

Elah is halfses in die teater gestoot en sou vier uur in die teater wees vir haar operasie, vertel Karlien verder. "Agtuur stap die dokter in by die pediatriese saal, glad nie waar ons hom verwag nie, want ons kry hom by die teater wanneer hy klaar gewerk is op Elah. Ons hardloop hom tegemoet, bang, opgewonde..."

Dis toe dat hy onthul hy "kon niks vir haar doen nie".

View this post on Instagram

So ek weet al wat eintlik altyd gedeel word op sosiale media is goeie tye. Maar ongelukkig is dit nie hoe die werklike lewe elke dag lyk nie. Wel myne doen defnitief nie. Ek dink nie my geloof was al ooit so getoets soos in hierdie laaste paar dae nie, om te sien hoe dinge van sleg na slegter gaan en dan steeds te vertrou dat God nog dieselfde is as gister, nogsteeds goed, nogsteeds IN die situasie is, dat Hy nie nou iewers heen verdwyn het of gaan wegkruip het nie, maar steeds langs my sit op hierdie steek-gebergte in die Suide, en my babatjie diep in Sy binne-vlerk bêre. Die langverwagte operasie waarna ek en my man vreeslik opgesien het vir Elah om deur te gaan het gebeur. Al waarna ons uitsien is dat na hierdie massiewe prosedure sy dan uiteindelik gesond gaan wees! Dit laat ons moed hou en deurdruk met als. Elah is 17:30 in teater in, die verwagte teater tyd is 4 ure. 20:00 stap die Dr in by die pediatriese saal, glad nie waar ons hom verwag nie, want ons kry hom by die teater wanneer hy klaar gewerk is op Elah? Ons hardloop hom tegemoet, bang, opgewonde... Hy sê ‘she’s fine, but I couldn’t do anything for her.’ Dit klink of ek nie reg gehoor het nie? Huh? Wat bedoel dr? Sê weer? ‘I couldn’t do the shunt’. ’N duisend vrae skiet op eenslag my kop en hart deur. Maar die een wat die hardste weergalm is, ‘God hoekom?’ Dis onmoontlik. Nee! Ons baba is oopgesny, van die een kant tot die anderkant van haar magie, net om te sien dat die Dr niks vir haar kan doen nie. Haar are lyk helemal anders as wat die radioloog vir die dr. gesê het dit lyk. En so moes hy haar net weer toewerk. So groot sny, met geen verandering. Elah lê in PICU en aansterk. Hulle onderdruk die pyn met sterk medikasie, en sal dit stelselmatig verminder hoe beter dit gaan. My hart is in soveel stukke en trek tou allekante toe. Soveel vrae! Hoe is dit moontlik Here? Hoekom moet Elah deur al hierdie goed gaan? Ek gee minuut tot minuut oor in U arms Here. Eks nie seker hoe om die hele ding te verwerk nie, maar ek weet U is hier. Hoe kan U nie wees nie? U is. Elah, God sal jou genees. Genesing is Syne. Hy sal dit op Sy manier doen. Vir nou moet jy sterk word en ons aanhou bid.

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Die dokter wat op Elah opereer het, kon nie die prosedure voltooi nie, weens 'n komplikasie met die kleinding se are. 

"Ons baba is oopgesny, van die een kant tot die anderkant van haar magie, net om te sien dat die dokter niks vir haar kan doen nie. Haar are lyk heeltemal anders as wat die radioloog vir die dokter gesê het dit lyk. En so moes hy haar net weer toewerk. So groot sny, met geen verandering," het Karlien geskryf. 

Talle bekendes het haar voorspoed toegewens in hierdie moeilike tyd.

"Voorspoed en sëën vir julle Karlien. Jou geloof is mooi," het die aktrise Leandie du Randt Bosch op Instagram geskryf.

Janine Hofmeyr het ook 'n boodskap van ondersteuning aan Karlien geskryf. "Ag kleinste liefie, my hart pyn nou so en niemand kan eers imagine waardeur julle moet gaan nie. Weet net jy is heeltyd in my gedagtes en dat ons Hofmeyr-gesin julle vreeslik liefhet. Jy is so 'n sterk vroutjie - hou net aan glo." 
View this post on Instagram

Verlief op jou my bossiekopbaba #elah Photocred ?? @renetteb3

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien, wat ook 'n vyfjarige tweeling Daniël en Eliah het, het in haar jongste Instagram-inskrywing vertel sy bly hoopvol dat haar kleinding genesing sal vind. 

"Ek's nie seker hoe om die hele ding te verwerk nie, maar ek weet U is hier. Hoe kan U nie wees nie? U is. Elah, God sal jou genees. Genesing is Syne. Hy sal dit op Sy manier doen. Vir nou moet jy sterk word en ons aanhou bid."