Maar wanneer twee deelnemers op twee verskillende maatsoekprogramme bymekaar liefde vind, is dit omtrent ’n hele ander storie. En kykers is mal daaroor!

Bauke Hanekom was een van die eerste deelnemers op die nuwe kykNET-program Hoor my, sien my, soen my en Jessica Calder het in die tweede seisoen van The Bachelor SA vir Marc Buckner se hart meegeding. Beide is egter vroeër vanjaar nie deur die ander persoon gekies nie en het enkellopend van hul onderskeie programme weggestap.

Jessica Calder
Foto: Verskaf.

Bauke en Jessica het op Instagram ontmoet en in die sosiale media begin gesels. Hulle het toe afgespreek om mekaar in persoon te ontmoet.

“Ek het Bauke by sy gimnasium ontmoet en ons sou vir ’n stappie gegaan het,” onthou Jessica, ’n fyngebaksjef, hul eerste ontmoeting.

“Ons het toe eintlik skoonmaakmiddels gaan koop,” lag sy. Hoewel hul eerste afspraak nie so romanties was nie, het die tweetjies dadelik gekliek en het hulle daardie naweek vroeg in Junie mekaar beter leer ken. Hulle is sedertdien al amper twee weke in ’n verhouding.

“Omdat ons mekaar eerste op Instagram gesien het, het die ander persoon se aantreklikheid eerste ’n rol gespeel,” lag Jessica. “En Bauke is omtrent aantreklik,” voeg sy smaaklik by.

Sedertdien, soos hulle mekaar leer ken het, is dit die feit dat hulle baie dinge in gemeen het en hoe eg Bauke as persoon is, wat haar aangetrokke tot hom maak.

“Sy is werklik baie mooi, maar ek moet sê dit is haar groot hart en haar goedheid wat ek die meeste waardeer,” sê Bauke op sy beurt.

View this post on Instagram

Great having this boytjie back in the gym ??

A post shared by Oxygen Functional Fitness (@oxygen_func_fit) on

Hoewel die nasionale staat van inperking vir Bauke in sommige opsigte nadelig was, het dit tog baie voordele vir hom en sy handelsmerk ingehou. Bauke is die mede-eienaar van Oxygen Fit-gimnasium in Kaapstad, wat selfs tydens die inperking gegroei het.

“En ek het natuurlik vir Jess ontmoet tydens die inperking,” sê Bauke.

“Yay,” laat Jessica opgewonde uit die agtergrond hoor. 

Foto: Verskaf.
Jessica Calder
Foto: Verskaf.

Hoewel Bauke ’n deelnemer op Hoor my, sien my, soen my was, het hy nie werklik ingeskryf om liefde te vind nie. Hy ken van die vervaardigers baie goed, en hulle het hom aangemoedig om deel te neem.

“Ek is altyd oopkop om ware liefde te vind, maar die program het my nie werklik voorberei om dit daarna te vind nie,” vertel Bauke.

“Ek is beslis nie teleurgesteld dat ek daarvoor ingeskryf het nie; dit was ’n great ervaring gewees,” vertel Bauke.

View this post on Instagram

My journey on The Bachelor has come to an end ... I entered The Bachelor SA because I really want to find love. Yes it’s not the ‘normal’ way but it’s hard to meet people these days and I secretly fell for @nickbadger on The Bachelor Australia :-) When I entered, I knew my life would become public and some of my darkish secrets would come out, but I was ok with that, all these stories, adventures and memories are what have made me the person I am today. Going into the show my biggest fear was being in a house full of girls. I like my space and I’m not used to being around a lot of girls. Turns out that was the least of my worries, I made amazing friendships and memories that will last a life time. I entered the mansion with an open heart and an open mind and I wanted to give Marc and I a chance. The format of the show doesn't give you enough time to get to know someone, unless of course you are lucky enough to get a few 1 on 1 dates. ... I did feel a growing friendship between Marc and I from the beginning so I stuck it out to see if there could be anything more. I guess we both felt the same and will remain friends #friendzone ... Marc is a great guy, a good man .. that guy you would be happy to take home to meet mom and dad. Our time together didnt alow the rose within me to bloom fully and I had to accept that the love I had hoped for never dawned. This said I really wish Marc and whomever he chooses much love and happiness. I am so proud of myself for going into the show, it took me out of my comfort zone, I have grown and learned so much about myself in the process. I am still looking for love, that real head-over-heals kind of love. I know it’s out there ... just sadly in self isolation! Thank you to everyone for the support. It’s been an incredible journey and it’s nice to know you all have my back. Have strength and cherish your loved ones through this trying period as we defeat Covid 19. • • • • • #yourbestself #capetownmag #southafrica #capetown #instagood #petitejoys #thisissouthafrica #yourstruly #girlsthatwander #motivation #inspiration #beautiful #lbloggers #cityofcapetown #southafricaza #me #happy #thebachelorsa #thebachelor #bachelornation

A post shared by Lady Jessica Calder (@ladyjessicacalder) on

“Ek is baie bly ek het vir The Bachelor SA ingeskryf, want ek het so baie oor myself geleer en baie as mens gegroei,” beaam Jessica. Hoewel sy aanvanklik gehoop het dat haar en Marc se liefdesverhaal ’n sprokieseinde sou hê, het sy klarigheid dat dit nie moes werk nie.

“Die program het my nie werklik voorberei om Bauke te vind of vir my volgende verhouding reg te maak nie,” vertel Jessica. “Ek dink wat ek en Bauke het, is baie spesiaal en jy kan nie regtig dit op ’n televisieprogram vind nie,” sê sy.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe