Katinka het besluit om boer Réan met ’n besoek van M-Net se The Bachelor SA se Jozaan Digue te verras.

Sy wou die geleentheid gebruik om te sien hoe goed die twee voormalige maatsoekprogram-deelnemers oor die weg kom.

En al het die liefde op die kassie nie vir Jozaan of boer Réan uitgewerk nie, het Huisgenoot steeds by Jozaan aangeklop om te vra of sy enige liefdesraad vir Réan het.

Hier is Jozaan se top-10-wenke: 

Dit wat vir Jozaan die wenresep is in 'n verhouding:

1. Wees eerlik met mekaar

2. Ondersteun mekaar deur dik en dun

3. Laat mekaar toe om te groei en sekere dinge te bereik

4.  Wees oneindig lief vir mekaar

5. Respekteer mekaar

En wat is haar raad oor die moenies in 'n verhouding?

1. Moenie mekaar afknou en jaloers word nie

2. Moenie goed aanneem of uit verband ruk nie

3. Moenie op mekaar se swakpunte fokus en met mekaar se gevoelens speel nie

4. Moenie net doen nie, dink eers

5. Moenie enige iets as vanselfsprekend aanvaar nie

Kyk ook dié video om uit te vind of die vonke wel tussen Boer Réan en Jozaan gespat het.

In VIA (DStv-kanaal 147) se musiekprogram Klink soos naweek met JOOX kuier die sosialemedia-ster Katinka, beter bekend as Katinka die Kat, elke week saam met ’n bekende gas by die gewilde Pretoria-kuierplek Weiveld. 

Kykers leer plaaslike bekendes beter ken deurdat hulle hul tien gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s deel.

Ons flits ook deur die top-10-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem. 

  • Nuwe episodes van Klink soos naweek met JOOX wys elke Vrydag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Saterdae om 22:00. In samewerking met die JOOX-app.