Qiniso en Gareth het onlangs hul eerste vakansie saam as ’n paartjie geniet ná The Bachelorette. 

Hulle het Kenia in Oos-Afrika twee weke lank verken. “Die land het soveel om te bied. Ons kon nie genoeg daarvan kry nie,” vertel Gareth.

'n Soen vir my lief! Qiniso van Damme en Gareth Eh
'n Soen vir my lief! Qiniso van Damme en Gareth Ehret is steeds dolverlief. Foto: Instagram/@qinisovandamme

Hulle beplan al sedert Januarie aan die avontuur en het ’n draai gemaak by Diani Beach aan die suidkus van Kenia en in die hoofstad, Nairobi. 

Qiniso en Gareth het op gehuurde bromponies die strate van Kenia verken, plaaslike geregte geëet en bier gedrink.

: Qiniso geniet ’n drankie langs die see met kame
Qiniso geniet ’n drankie langs die see met kamele op die agtergrond. Foto: Verskaf
Die paartjie is mal oor reis en beplan om Afrika p
Die paartjie is mal oor reis en beplan om Afrika plat te toer. Foto: Verskaf

“Ons het ’n sandbank in die middel van die see gevind. Dit het gevoel asof ons op water loop. Die foto’s is cool, maar die gevoel kan nie geregverdig word nie,” sê Gareth.

Gareth op ’n bromponie
Gareth op ’n bromponie. Foto: Verskaf

Hulle het ook op kamele langs die prentjiemooi tropiese strande gery. “Dis so toeristies, maar soveel pret. My kameel was in ’n slegte bui en het my amper afgegooi!” vertel hy laggend.

Die tweetjies op die strand
Die tweetjies op die strand. Foto: Verskaf
qiniso van damme
Qiniso. Foto: Verskaf
“Dit was ons eerste reis saam en dit was ongelooflik. Ons het letterlik alles geniet en rus nie bedags nie, want ons geniet al die avontuur en opwinding. Ons maak regtig ’n wonderlike span,” koer hy. 

Op ’n kameel se rug
Op ’n kameel se rug. Foto: Verskaf
Hul kamera-toerusting en nekkussings wat hulle ingepak het, het handig te pas gekom, laat Gareth hoor. 

En wat is volgende op hul lysie? “Ons wil graag die Karibiese Eilande of Jamaika besoek.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.