Daar is nuwe hoop en lewe op pad vir Therese Bam en haar man, Christian. Hulle verwag ’n babaseuntjie later vanjaar.
“Ek is verskriklik opgewonde,” sê Therese. “Ek wag al so lank hiervoor.”
Die Kwêla-aanbieder, wat ook onlangs te sien was in die televisiereeks Kompleks, erken sy het die normale vrese wat ’n vrou het wat die eerste keer ma word, maar bowenal ervaar sy “ongelooflike dankbaarheid”.
“Ek is so dankbaar dat daai babatjie sover gesond is en dat alles goed lyk.
“Mens is verstom oor die absolute wonderwerk.”
Therese het met die aankondiging in die sosiale media laat blyk dat sy met behulp van in vitro-behandeling en ’n skenker-eier swanger geraak het.
Maart is vir my n groot maand, want dis my geboortemaand ?? Dit voel dus gepas om aan die begin van dié maand ons nuus te...
Posted by Therese Bam on Monday, 1 March 2021
Sy is nou sowat 14 weke swanger en hulle verwag die babaseuntjie op 30 Augustus.
“Toe die suster my bel en sê ek is swanger, het ek so hard in haar ore gegil en toe op die kombuisvloer gaan sit en huil. Ná alles was dit so ’n ongelooflik verligting. Ek was stomgeslaan.
“My man was hier en die eerste persoon wat ek daarna gebel het was my sussie (Valda Leonhardt). Sy het snuf in die neus gehad, want voor die oproep van die suster het ek ’n tuistoets gedoen wat vaag positief was en ek het haar toe met ’n video-oproep gebel.
“My man weet altyd eerste en my sussie is kort op sy hakke.”
Sy sê Christian is baie opgewonde en hy is ook net so dankbaar dat die baba sover gesond is.
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET