JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA-MARCH 10: COVER SHOOT:
Die sanger Theuns Jordaan, by wie leukemie in September gediagnoseer is, sterk tuis aan nadat hy ’n beenmurgoorplanting ondergaan het. Foto: Gallo Images

Die "Soos bloed"-sanger is tans by die huis, en hy sal in die komende maande al sy energie daarin ploeg om aan te sterk nadat hy in Maart ’n beenmurgoorplanting gekry het, sê sy mediawoordvoerder Ilza Roggeband.  

Leukemie is in September verlede jaar by Theuns gediagnoseer en hy het chemoterapie daarvoor gekry.

Dokters het destyds bevestig hy het akute miëloïede leukemie wat bekend staan as AML.

Theuns Jordaan
Theuns het sy debuut op die verhoog in 1992 in 'n kroeg op Stellenbosch gemaak. Foto: Martin de Kock

Dié soort kanker begin in die bloedvormende selle van die beenmurg. Aanvanklik was hy op soek na ’n beenmurgskenker, maar op 5 Maart het hy ’n beenmurgoorplanting ondergaan. 

“Alles gaan volgens plan sedert die oorplanting,” het Theuns toe laat weet.

Op sy ondersteuningsblad is mense bedank vir hul gebede en aanmoediging.

Luidens die inskrywing is Theuns reeds vyf weke gelede ontslaan en herstel hy goed by die huis.

Goeie Middag aan al Theuns se ondersteuners, Ons wil net graag die tyd vat om baie dankie se vir julle ondersteunning....

Posted by Theuns Jordaan on Wednesday, 5 May 2021

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe