Die sanger het bekend­gemaak hy sal vroeg in Februarie ’n countryalbum met die ­titel Man of the Woods uitreik. Die album se reklamemateriaal bevat skote waar Justin na die sonsondergang staar, saam met perde baljaar en deur die wildernis wandel.

My man is too good... repost from @justintimberlake

A post shared by Jessica Biel (@jessicabiel) on

In ’n agtergrondstem verduidelik hy die nuwe album is “geïnspireer deur my seun, my vrou, my familie”. Sy vrou, Jessica Biel (35), en seun, Silas (2), verskyn ook in die greep. Die internet is ­verdeeld oor die onthulling.

Terwyl party Justin se terugkeer vier, reageer ander met grappe en kritiek.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

’n Twitter-gebruiker het laat hoor: “Bel my wanneer Justin Timberlake met ’n groot skopgraaf by die woud instap en ’n verskoning aan Janet Jackson (wie se nippel hy ontbloot het) opgrawe.”

Eina!