“Tina het my van twee jaar oud grootgemaak. Sy is die enigste ma wat ek ooit geken het. Maar ek het wie weet laas met my ma gepraat – waarskynlik in 2000. Ek dink ook nie enige van my broers het in ’n lang tyd met haar gepraat nie,” het die musikant onlangs aan die Britse koerant The Daily Mail onthul.

Ike Turner jr. Foto: Gallo Images/Getty Images

“My ma lei haar lewe; sy het ’n nuwe man (Erwin Bach) en sy woon in Europa. Sy wil niks met die verlede te doen hê nie.”

Tina en haar man, Erwin Bach. Foto: Gallo Images/Getty Images

Tina (78) het vier kinders: Craig (59), wat gebore is nadat sy as ’n tiener ’n kortstondige verhouding met ’n saxofoonspeler gehad het; ­Ronnie (57), haar en Ike se enigste kind saam; en Ike jr. (60) en Michael (59), uit Ike sr. se eerste huwelik, maar wat deur Tina aangeneem is toe sy in 1962 met die ster getrou het.

Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Dailymail, People