Shawn (20) het reeds drie albums uitgereik en almal het boaan die Amerikaanse Billboard 200-albumtrefferlys geboer. Die In My Blood-sanger is een van vyf sangers onder ?18 wie se eerste album sy debuut op nommer een op dié trefferlys gemaak het. Maar
Maar hoe goed ken jy een van die suksesvolste jong sangers in die wêreld?   

1. In April het die Sweedse radio-­omroeper Martin Björk tydens ’n onderhoud ’n vreemde versoek vir Shawn gehad. Wat wou die omroeper aan Shawn doen?
A  Vra dat hy wurms eet.
B  Sy onderarms ruik.
C  Sy vingernaels verf.

2. Shawn is obsessief oor ’n mansgroep. “Ek is behep met hul danspassies.” Van watter musiekgroep praat hy?
A  BTS
B  One Direction
C  PRETTYMUCH

3. In 2017 is hy deur ’n rapper se lyfwag gekeer wat sy arm agter sy rug vasgepen het toe hy die rapper wou groet. Wie was dié rapper?
A Eminem
B Nicki Minaj
C Drake

4. Hy het begin sweet toe hy een van die sterre van ’n rolprent­reeks ontmoet wat gegrond is op boeke waarop hy versot is. Watter fliekreeks is dit?
A Star Wars
B Harry Potter
C Lord of the Rings

5. Shawn en sy ma, Karen, het dieselfde tatoe van ’n diertjie op hul linkermiddelvinger. Watter dier is dit?
A Panda
B Leeu
C Olifant

6. Hy het vroeër vanjaar tydens ’n optrede’ n baie ongemaklike ontmoeting met ’n Britse koninklike gehad. Die koninklike het langs hom kom staan en hy het sowat 10 minute in stilte langs die persoon gestaan. Wie was dit?
A Prins Harry
B Die hertogin van Cambridge, ?Kate
C Koningin Elizabeth II

7. Talle Twittergebruikers sê Shawn het ’n bekende dubbelganger. Selfs die akteur het getwiet: “Dis waar; ek en Shawn is by geboorte geskei.” Wie is die akteur wat nes Shawn lyk?
A Nolan Gould (Modern Family)
B Nick Robinson (Love, Simon)
C Cameron Dallas (Neighbors 2: Sorority Rising)

8. Die Britse tydskrif GQ noem hom ’n stylvoller weer­gawe van Justin Bieber. Maar wie is Shawn se stylikoon?
A David Beckham
B James Dean
C Zayn Malik

Antwoorde

1: B, 2: A, 3: C, : 4: B, 5: C, 6: C, 7: A, 8: B

Hoe goed het jy gevaar?

8 UIT 8

Jy is Shawn-behep en ken al sy liedjies van Life of the Party tot In My Blood.

4 TOT 7

Oukei, jy weet minstens wie Shawn is en het seker een van sy liedjies op jou speellys.

0 TOT 3

Um, goed. So, jy was net ’n bietjie lus om rond te speel?

EKSTRA BRONNE: TEEN VOGUE, BUZZFEED.COM, GQ