Dié keer oor haar gesellige afspraak met die Formule 1-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, tydens die New Yorkse Modeweek.

Die rapper en die 33-jarige renjaer het saam by die TommyXLewis-bekendstellingsgeleentheid opgedaag en, volgens ooggetuies binne die lokaal, “verlief” gelyk.

View this post on Instagram

Link in bio for the #BarbieDreamsVIDEO #NYFW

A post shared by Barbie® (@nickiminaj) on

Ons sal moet wag en sien of dié twee regtig ’n paartjie of net goeie vriende is, maar Nicki (35) het tydens ’n onlangse verskyning in The Ellen DeGeneres Show geskimp daar is dalk ’n nuwe man in haar lewe.

View this post on Instagram

#BarbieDreamsVIDEO out now?????? link in my bio

A post shared by Barbie® (@nickiminaj) on

“Wel, daar is ’n nuwe ou, maar ek en hy het soort van ’n bietjie teruggeval. En dan . . .” het sy laggend bygevoeg, “en dan is daar ’n selfs nuwer nuwe ou. Hy het my al in ’n paar pruike gesien.”

Bronne: UsWeekly.com, People.com, DailyMail.co.uk