Nadat sy en die model Younes Bendjima (25) in Augustus uitgemaak het, het die Keeping Up with the Kardashians-ster nog ’n katelknaap losgeslaan; die 20-jarige akteur Luka Sabbat.

View this post on Instagram

Mint chocolate chip

A post shared by Mr. Fallback (@lukasabbat) on

Die twee is onlangs op ’n dubbele afspraak saam met Kendall Jenner (22) en haar kêrel, die Palestyns-Amerikaanse model Anwar Hadid (19), by Soho House in Malibu gewaar, berig TMZ.

View this post on Instagram

Pascetti and pizza boys paris representatives unite

A post shared by Anwar Hadid (@anwarhadid) on

Maar al is Kourtney en die Grown-ish-akteur al ’n hele paar keer saam gesien, het die 39-jarige glo net pret, berig People.

“Dis niks ernstigs nie,” het ’n bron aan die nuusagentskap gesê. “Dit laat haar goed voel dat die aantreklike jong ouens in haar belangstel.”

Die bron sê Luka is goeie vriende met Kendall en die res van die Kardashian-familie en geniet dit net.

“Nie een van haar vriende het van Younes gehou nie en almal is dol oor Luka, al is hy net 20,” sê die bron. “Hulle dink hy is goed vir haar, en hy is ’n baie nederige en goeie ou.”

View this post on Instagram

thank you for all of my birthday wishes

A post shared by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

Maar al beweer Kourtney dit is net ’n bietjie pret, meen haar vriende sy is smoorverlief op haar nuwe ou. 

Bronne: E! News, TMZ, People