Al het Angelina Jolie en Johnny Lee Miller se verh
Al het Angelina Jolie en Jonny Lee Miller se verhouding in 1997 verbrokkel, het die tweetjies steeds kontak behou. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Angie het met ’n militêre jas en gesigmasker aan daar aangekom sonder ’n lyfwag in sig. Nadat sy die klokkie gelui het, het sy met ’n bottel duur rooiwyn in die hand geduldig gestaan en wag dat sy ingelaat word. 

En sy en haar eks het duidelik baie gehad om in te haal, want sy het eers drie uur later weer te voorskyn gekom. 

Toe sy onlangs 46 geword het, het Angie haar ses kinders – Maddox (19), Pax (17), Zahara (16), Shiloh (15) en die tweeling Vivienne and Knox (12) – vir ’n week van vieringe na die Groot Appel gevat.  

“Hulle het saam museums besoek en saans gaan uiteet en die reis baie geniet,” sê ’n bron. 

Tydens haar verblyf in die stad het sy tyd gemaak om by Jonny (48) te gaan kuier. 

Al het hul paadjies in 1997 geskei, het sy en die Britse akteur kontak behou. 

Angelina was slegs 20 jaar oud toe sy met Jonny ge
Angelina was net 20 toe sy met Jonny getrou het. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Sedert haar egskeiding van Brad Pitt (57) in 2016 het sy haar twyfel uitgespreek of sy ooit weer reg sal wees om haar hart oop te maak. Maar baie mense wonder nou of Jonny die man sal wees wat haar van plan laat verander. 

Daar was amper dadelik ’n vonk tussen die twee toe hulle mekaar op die stel van die rolprent van 1995 Hackers ontmoet het. Binne ses maande is hulle op ’n intieme plegtigheid getroud. Daar was net twee gaste teenwoordig – die bruid se ma, Marcheline Bertrand, en ’n vriend van die bruidegom.

Angelina, wat toe net 20 was, het die tonge laat klap met haar klerekeuse vir die geleentheid: ’n swart rubberlangbroek en ’n T-hemp met Jonny se naam in haar bloed daarop geskryf. 

“Dis jou man,” het sy destyds gesê. “Jy is op die punt om met hom te trou. Jy kan ’n bietjie opoffer om dit baie spesiaal te maak.”

Ongelukkig het hul vol roosters stremming op die huwelik geplaas. Binne ’n jaar was hulle uitmekaar en in 1999 het hulle ’n egskeiding gevra.  

Weens hul besige skedules het hul huweliksbootjie
Weens hul besige roosters het hul huweliksbootjie op die rotse beland. Foto: Gallo Images/Getty Images.

“Daar was geen berou en geen bitterheid nie,” het Jonny gesê. “Die huwelik was iets wat nie uitgewerk het nie, en ek moes die besluit vroeër of later neem. Ek het besluit om dit vroeër te neem.” 

Hy het in 2008 met die Mulholland Drive-aktrise Michele Hicks getrou. Hulle is in 2018 geskei.

En nadat Angie nog twee egskeidings beleef het – van Billy Bob Thornton en Brad Pitt – beskou sy skynbaar haar tyd saam met Jonny as een van haar maklikste verhoudings. 

“Ek en Jonny het nooit baklei nie en ons het mekaar nooit seergemaak nie,” het sy jare gelede in ’n onderhoud gesê. “Ek wou regtig sy vrou gewees het. Ek wou my regtig verbind.” 

Al hou ingeligtes vol Angie en Jonny is net goeie vriende, hoop aanhangers die twee gee dalk die liefde nog ’n kans noudat hulle ouer en wyser is. 

Dit is immers presies wat twee ander beroemde ekse, Ben Affleck en Jennifer Lopez, gedoen het – en kyk net hoe gelukkig lyk hulle. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe