Meghan (37) en Harry het in Mei vanjaar hul eersteling, Archie, verwelkom. Die hertogin van Sussex is onlangs by die Trooping the Colour-plegtigheid vir die eerste keer sedert Archie se geboorte in die openbaar gesien.

En die nuwe ring aan haar vinger het die tonge los. Dit kos glo R78 230.

Meghan se nuwe ring
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié ring is deur koningin Elizabeth se persoonlike juwelier, Harry Collins, gemaak.

Maar dié bedrag is ’n druppel in die groot emmer. 

Meghan het die afgelope 18 maande glo al sowat R10.9 miljoen op juweliersware uitgegee. 

Meghan se oorbelle
Foto: Gallo Images/Getty Images

Volgens die Daily Mail het Meghan die afgelope 18 maande onder meer sewe hangertjies, 23 armbande, 26 ringe en 35 pare oorbelle bekom. 

Sommige van dié stukke het egter aan haar wyle skoonma, Diana, behoort. 

Meghan wearing Dianas ring
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit sluit 'n akwamaryn-ring in ter waarde van R1.3 miljoen wat aan Diana behoort het, wat Meghan by die onthaal op haar troudag gedra het. 

Meghs het ook 'n paar diamant-oorbelle by haar man se ouma, koningin Elizabeth II gekry. Dié oorbelle was R77 000 werd. 

Meghan se duurste item is glo haar verloofring wat Harry vir haar laat ontwerp het deur Cleave and Company. Dié ring het R2.2 miljoen gekos.

Meghan se nuwe ring
Foto: Gallo Images/Getty Images
 

Sy dra egter nie uitsluitlik duur en blink juwele nie. Meghan is ook al gekiek met 'n R144-armband van Missoma.