Die 20-jarige spruit van David en Victoria het al reklameveldtogte vir modehuise soos Burberry geskiet, voorbladfoto’s vir bekende tydskrifte soos Wonderland en Notion geneem en selfs in 2017 sy eie fotografieboek getiteld What I See uitgereik.

Sy jongste prestasie? 

Hy het ’n gesogte internskap by die bekende Britse fotograaf Rankin (53) losgeslaan nadat Brooklyn hom beïndruk het met ’n foto wat hy van sir David Attenbo­rough in Afrika geneem het.

rankin,fotograaf
Die Britse fotograaf Rankin. Foto: Gallo Images/Getty Images

Tog loop die oudste van David en Victoria se kroos opnuut onder kritiek van ander fotograwe deur. 

Van sy kollegas by Rankin se ateljees het aan ’n Britse skinderkoerant gesê hulle is “verstom oor sy gebrek aan basiese vaardighede” agter die kamera. 

View this post on Instagram

Wait til you see what else I shot!.. @BMW

A post shared by bb?? (@brooklynbeckham) on

“Almal het geweet Brooklyn se werk het afronding nodig, maar niemand het geweet sy kennis van die eenvoudigste take is so beperk nie,” het die bron gesê, en bygevoeg Brooklyn het selfs met basiese dinge soos “beligting en die opstel van foto’s” hulp nodig. 

“Almal het hoë verwagtings gehad, maar dit was nie die indrukwekkendste begin nie. Hy skiet op die meeste gebiede tekort.” 

’n Vriend van die voormalige model en fotograaf het teruggekap deur te sê Brooklyn het nooit beweer hy is ’n kenner agter die lens nie. 

“Hy het ’n passie vir fotografie en geniet dit om die kuns te leer by die ware kenners by wie hy ’n internskap doen.” 

Dit help darem seker ook om ’n beroemde modeontwerper en ’n voormalige sokkerspeler as ouers te hê, of hoe? 

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, VOGUE.COM, PEOPLE.COM