Kom ons kyk na van hul beste oomblikke van openbare liefdesbetoon in 2018.

Trouevreugde

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die innige kyk toe Harry Meghan se sluier op hul intieme troue in die Windsor-kasteel in Mei oplig (ons kry steeds hoendervel!) gevolg deur hul eerste openbare soen as man en vrou op die trap van die Windsor Chapel.

Ware heer

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Toe Harry ewe galant die deur van sy Jaguar vir sy liefie oopmaak voor hulle na hul partytjie ná die troue vertrek het. 

Soen my

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Toe hulle mekaar by die 2018 Sentebale-polowedstryd in Julie toe-oog gesoen het. 

Baie beskermend

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die liefdevolle kyk toe die twee onder ’n sambreel staan wat Harry tydens hul toer in Oktober vasgehou het. 

Mooi boudjies

View this post on Instagram

We will miss you, Australia ????!

A post shared by Meghan & Harry ?? supporters (@harry_meghan_updates) on

Nog in die wittebroodsfase? Harry het sy vrou op die boud getik terwyl hulle tydens hul toer in Australië op ’n vliegtuig geklim het. 

Stranddrukkies

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die twee kon nie hul hande van mekaar af hou toe hulle tydens hul amptelike toer saam met ’n branderrygroep op Bondi-strand kwessies rondom geestesgesondheid gesit en bespreek het nie. 

Verliefde duifies

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Dit twee het soos enige ander verliefde paartjie gelyk toe hulle hande vashou terwyl hulle in Australië op ’n pier afstap. 

Mekaar se steunpilaar

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images.

Hulle het gereeld hul hand op mekaar se rug gesit tydens die troue van prinses Eugenie en Jack Brooksbank in Oktober.

Liefdevolle Kersfoto

Die twee het hul jaar afgesluit met ’n romantiese swart-wit Kerskaart waarop hulle omhelsend na die lug staan en staar.