Tracey Lange ná sus covid-19 kry: ‘Sy kon nie uit die bed klim’

akkreditasie
Tracey Lange en haar suster Deidré van der Heyde. Foto's: Instagram/@traceylange
Tracey Lange en haar suster Deidré van der Heyde. Foto's: Instagram/@traceylange

“Ek is onbeskryflik bly dat sy gesond is. Al is sy nog in isolasie vir almal se veiligheid, het sy dit geniet om lekker saam met haar kinders koek te kon eet,” vertel Tracey aan Huisgenoot. 

Die KFM-omroeper het gisteroggend met haar suster op haar radioprogram Mid-Mornings with Tracey Lange gesels. 

“Dit was vir my goed om gister die onderhoud met my suster te voer. Net sodat mense kon besef hoe na aan almal covid-19 is en dat wanneer ek mense herinner om maskers te dra ek dit nie net sê nie, maar dit bedoel,” sê sy. 

Tracey onthou nou Deidré het vroeër die maand wakker geword en gesê daar is groot fout. 

“Sy kon nie eens uit die bed klim nie en ’n uur later het sy selfs koorsblare gehad op haar lippe. Sy het begin blou word om haar mond. Sy het al die simptome gehad en net gesê dat sy nog nooit so sleg gevoel het nie,” vertel Tracey.  

Deidré het later vir haar ’n boodskap gestuur om te sê sy het positief getoets vir covid-19. 

“Omdat sy nie iemand is wat dramaties is of ’n ophef maak van haarself as sy siek is nie, het ek glad nie getwyfel nie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees