Die vermaaklikheidster het Woensdag 'n foto op Instagram gedeel waarop sy haar dankbaarheid betuig vir haar huweliksreis tot dusver.

Op die foto deel Julia en haar man, Ari Kruger, 'n soen en lyk hulle alte gelukkig nadat hulle afgehaak het.

“Dit was een mal en ongelooflike jaar! Dit voel asof dit gister was. Ek is lief vir jou @kreagzy,” skryf sy by die foto.

Dit is beslis 'n opwindende tyd in hul huis. Julia het op 4 Maart die nuus op Instagram gedeel dat hulle hul eersteling verwag.

????????

A post shared by Julia Anastasopoulos (@julia_knolc) on

Julia en haar rolprentvervaardiger-man se pad na die kansel was die inspirasie vir haar Showmax-reeks Tali's Wedding Diary. In die "mokumentêr" vertolk sy die rol van Tali, 'n 'prinses’ van Johannesburg, wat Kaapstad toe verhuis, verloof raak en haar troue beplan.

Julia het selfs vir die karakter, Tali, 'n Instagram-blad geskep wat tot dusver reeds 29 000 aanhangers het.

Die paartjie deel graag foto’s van hul avonture op Instagram en het in Oktober verlede jaar in Japan uitgespan.

Die aktrise maak ook geen geheim van hoe trots sy op haar manlief, Ari, is nie en deel gereeld foto’s van hulle saam in die sosiale media.

Director husband! ????

A post shared by Julia Anastasopoulos (@julia_knolc) on

Baie geluk, Julia en Ari.