Strand-, plaas-, stads- en uithangtroues – van glanspaartjies tot boere en hul droomvrou het die afgelope jaar afgehaak. 

Nadat die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, vroeg vanjaar in die geheim getroud is, het hulle in April ook in ’n seremonie op Yzerfontein voor 120 gaste hul liefde gevier.

Karlien van Jaarsveld en haar Joe Breytenbach. Foto: Menina en May.

Die sanger Ray Dylan en Jessica Erasmus het in die Paasnaweek op Uiten­hage getrou.

Jessica Erasmus en Ray Dylan. Foto: Jacques Stander.

Net twee dae tevore het die sangeres Charlize Berg en die argitek Warren Linden buite Jo­hannesburg voor die kansel gestaan.

Warren Linden en Charlize Berg. Foto: Mighty Fine Productions.

Vir die sangeres Lianie May en haar bestuurder, Barry Lubbe, het hul groot dag eindelik ná ’n verlowing van 10 jaar in Centurion aangebreek.

Barry Lubbe en Lianie May. Foto: Martin de Kock.

Die Boer Soek ’n Vrou-deelnemers Hennie Lötter en Jacobu Muller het ná ’n sprokiesromanse op sy familieplaas buite Willowmore ’n boerebruilof gehou.

Hennie Lötter en Jacobu Muller. Foto: Lynelle Pienaar.

SA se Olimpiese atleet Wayde van Niekerk het in Oktober met "die meisie van sy drome", Chesney Campbell, getrou. 

Wayde van Niekerk en Chesney Campell. Foto: Instagram

Rikus de Beer van Radio Raps-faam en die onderwyseres Kaylee van den Berg het in November afgehaak.

Rikus de Beer van Radio Raps-faam en die onderwyseres Kaylee van den Berg. Foto: Jolandi Nel van Pixel Pro Photography.

Die Springboklosskakel Handré Pollard en “die liefde van sy lewe”, Marise Malherbe, is in Desember getroud.

En die Springbok­stut Coenie Oosthuizen en sy nooi van die afgelope vier jaar, Christi Gerber, het ook in die Kersmaand ewige trou aan mekaar beloof.

Forever grateful ?? @christi_gerber

A post shared by Coenie Oosthuizen (@coenie_oosthuizen) on