“Ek vra mense om een serp saam met my gedurende die inperking te brei en dan skenk ek dit eindelik aan ’n organisasie,” sê Tracey.

Sy geniet haar tyd by die huis tydens inperking. F
Sy geniet haar tyd by die huis tydens inperking. Foto: Verskaf

Bedags saai sy nog haar radioprogram by die KFM-ateljee in Groenpunt in Kaapstad uit en saans klik die breipenne.

Tracey by die KFM-ateljee in Kaapstad. Foto: Versk
Tracey by die KFM-ateljee in Kaapstad. Foto: Verskaf

Haar verloofde, Avukile Mabombo, het ook begin brei.

Tracey en haar verloofde, Avukile Mabombo.
Tracey en haar verloofde, Avukile Mabombo. Hy het in Augustus die jawoord gevra. Hul troue is vir eers op ys weens die corona-pandemie. Foto: Verskaf

“Hy ondersteun my in alles wat ek aanpak en het gevoel dit kan pret wees as ons dit saam doen,” vertel die aanbieder van die geselsprogram Tussen Ons.

"Ek het in graad 7 laas gebrei, so meer as 20 jaar gelede!" sê Tracey.

Ander bekendes het ook intussen hul breipenne opgetel, vertel sy. "Wat wonderlik is, is dat mense net begin brei het. Mense soos Jawaahier Petersen (Kaashifa) van die sepie Suidooster het onmiddellik begin brei.

"Ek het besef baie mense gaan verveeld wees gedurende die lockdown en as ons hande nie besig is nie, eet ons. Dit is dus beter om te brei en ook van jouself te vergeet, want nou brei jy vir iemand wat dit regtig nodig het. Brei is ook al wetenskaplik bewys om jou harttempo te verminder en jou bloeddruk te verlaag," vertel die Kapenaar.

Tracey voel dis baie belangrik dat elkeen hul deel doen in die stryd teen COVID-19. "Ek dink dis baie maklik om vas te kyk in jou eie probleme en te verdrink in jou eie klagtes, maar as jy besef dat iets so eenvoudig soos 'n serp iemand se hele winter soveel kan verander, dan besef jy hoe bevoorreg jy is."

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.