Die Spoorloos-aktrise Amalia Uys en haar man, Shaun Golding, het gister hul eerste huweliksherdenking gevier.

View this post on Instagram

San Gimignano ?? @shaungolding #tuscany #hoogtevrees??

A post shared by Amalia Uys (@amaliauys) on

Amalia, wat ook deesdae ’n aanbieder is op die joernaalprogram Pasella, en haar man van die afgelope jaar is nog steeds so verlief soos die dag toe hulle ’n paar jaar gelede aan die Weskus ontmoet het.

Dis ook hier waar hy in Desember 2016 die jawoord gevra het toe hulle by haar ouers op Port Owen aan die Weskus gekuier het.

"Dit was baie spesiaal. Ek is mal oor die Weskus en as kind het ons elke vakansie daar deurgebring,” het sy voorheen aan Huisgenoot vertel. Die paartjie het verlede jaar naby Robertson in die Wes-Kaap ewig trou aan mekaar beloof.

Amalia het op Instagram troufoto’s van haar spesiale dag gedeel.

“Vandag, die 9de Desember, presies ’n jaar gelede, het ons die ja-woord aan mekaar gegee. My lief jy is die lig en gelag in ’n wêreld waar daar nooit genoeg daarvan kan wees nie. Jy hou my gegrond, jy dra my en jy laat toe dat ek myself kan wees," skryf Amalia.

“Dankie dat jy saam met my deur die eerste jaar gewerk het. Jy is ’n ongelooflike man met ongelooflike wysheid, krag, geduld en begrip. Die lewe het oneindig nuut met jou geword. @shaungolding ek is met my hele wese lief vir jou,” voeg sy by. 

"Hierdie jaar het blitsvinnig verbygegaan en dit is so cool om te dink dié tyd laasjaar was ons pasgetroud," vertel Amalia aan Huisgenoot. "Hulle sê die eerste jaar is gewoonlik nogal ’n moeilike jaar vir getroudes en as ek so terugkyk is ek net nog liewer vir Shaun as voor ons getroud was."

"Hy wys elke dag vir my dat ek ’n lewenspad saam met hom kan stap."

En hoe het die paartjie die spesiale dag gevier? "Ons het ongelukkig altwee verkoue so ons het nie regtig iets gedoen nie, maar het wel ’n nuwe dis saam gekook in die kombuis en ’n glasie van ons trouwyn geklink,” sê sy.

"Hulle sê die eerste huweliksherdenking is die paper anniversary. Toe Shaun my gisteroggend wakker maak, het hy langs die bed gestaan met ’n koppie koffie, ’n pakkie sneesdoekies en die beste glimlag wat hy op daai oomblik kon regkry," vertel Amalia. 

"Kom ons hoop die tweede huweliksherdenking is ons altwee gesond!" sê die aktrise.

Amalia en haar man, Shaun, is nie al glanspaar wat gister hul eerste huweliksherdenking gevier het nie.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, het ook dieselfde mylpaal gevier.

View this post on Instagram

To my valentine, I love you so much @marisepollard ♥?

A post shared by Handre Pollard (@handrepollard) on

Die paartjie het mekaar in hul skooldae in die Paarl ontmoet en is sedert 2012 in ’n verhouding. Hulle het in Desember 2016 verloof geraak.

Handré het op Instagram ’n foto van hom en sy vrou gedeel met die byskrif: “Die lewe is nogal maklik as jy dit spandeer met jou beste vriend. Beste jaar van my lewe @marisepollard lief vir jou.”