Pieter (42) en sy vrou, Yolandi (35), se tweede kind, ’n seuntjie, word volgende maand gebore.

Die sanger Pieter Smith saam met sy swanger vrou, Yolandi, en hul 1-jarige dogtertjie Alexei. Foto: Albert Bredenhann van Pixel Pro Photography

"Ons is so geseën om nou ’n seuntjie en dogtertjie te hê," voeg hy by. "En gelukkig is dit nie ’n moeilike swangerskap nie."

Die paartjie het op 28 November 2015 op Lambertsbaai afgehaak. Hul eersteling, ’n dogtertjie, Alexei, is op 19 Januarie verlede jaar gebore. Klein Alexei se boetie maak einde Oktober sy opwagting.

"Sussie is nog 'n bietjie te klein om te weet ’n boetie is op pad," vertel Pieter.

"Ons is baie opgewonde. Ek het laat in my lewe pa geword en dis wonderlik."

Foto: Facebook/Pieter Smith II

Pieter, wat in Pretoria woon, is op die oomblik in Kaapstad vir ’n klankopname vir sy vertoning Die Storie van Afrikaanse Musiek.

Dit neem die gehoor terug na die eerste opname in Afrikaans in 1906 asook die eerste Afrikaanse ster, Chris Blignaut, legendariese liedjieskrywers soos Danie Pretorius, Danie Bosman en die Briels en vertel die stories agter musiekfigure soos Hendrik Susan, Groep 2, Gé Korsten, Min Shaw . . . tot in 1980.

Die koms van die seuntjie gaan ’n nuwe energie-inspuiting in die Smith-huis wees.

“Elke dag leer 'n mens mos iets nuuts.”