Dalk nooi jy selfs ’n paar maatjies vir jou kleinding, so jy sorg vir ’n paar lekker eetgoed, bederfpakkies vol lekkers en kleurryke versierings. Nè?

Ons gewone sterflinge, ja, maar nie die Kardashians nie.

Kylie Jenner (21), een van die beroemde Kardashian-susters, het van haar eersteling, Stormi Webster, se eerste verjaardagpartytjie gedroom en toe seker gemaak dié droom word ’n werklikheid.
En nee, natuurlik was dit nie ’n intieme familiekuier met koek en koeldrank nie!

Dit was ’n fabelagtige wonderwêreld vir kleintjies. Kleurryk, vrolik en oordadig. (Nie dat ons enigiets minder moes verwag het nie. Kylie het al immers ’n winkelsentrumgrootte goue Kersboom in haar huis laat oprig, onthou!)

Die tema van dié uitspattige eerste verjaardagpartytjie was “Stormi World”.

Kylie, wat haar eie grimeerreeks het, het foto’s van die partytjie met haar miljoene Instagram-aanhangers gedeel.

Die ingang na die partytjie was ’n reusagtige opblaasweergawe van Stormi se kop. Dit herinner so 'n bietjie aan die omstrede ingang in die Robin Williams-fliek Patch Adams ...

As jy nou deur die baba se bekkie gestap het, betree jy as't ware Stormi-land.

Die ingang na die partytjie.
Die ingang na die partytjie.

Dié was ’n wonderwêreld met verskeie vertrekke, versier deur reënboë, ballonne, ’n groot lugballon, massiewe teddiebere, kleurryke kindertente, ’n mallemeule, klein tafeltjies, ’n groot speelboks vol wit balle, mure wat soos wolke versier is en ’n koek vol blomme en vlinders en nog ’n mallemeule.

Die kleurvolle mallemeule en tente.
Die kleurvolle mallemeule en tente.

Die hele gedoente is glo in 'n reuse filmateljee g
Die hele gedoente is glo in 'n reuse filmateljee gehou.
Stormi by die massiewe teddiebere.
Stormi by die massiewe teddiebere.
Stormi se verjaarsdagkoek.
Stormi se verjaarsdagkoek.

Stormi het op 1 Februarie verjaar, maar die partytjie is die afgelope naweek gehou. En Caitlyn Jenner se vriendin Sophia Hutchins het aan die E! Entertainment-vermaaknuuskanaal gesê Kylie en haar kêrel, die Amerikaanse kletsrymer Travis Scott, het ’n hele ateljee by Universal Studios gehuur om die partytjie te hou.

In ’n Instagram-video wat Kylie gedeel het, sien jy groot foto’s van Stormi teen die muur en een van die kinders drink uit ’n strooitjie wat so gebuig is dat dit Stormi spel.

Daar was ook vroue aangetrek in prinseskostuums en ’n blomme-en-skoenlapperwoud in een van die vertrekke.