So vertel die akteur Pietie Beyers, wat saam met sy prokureursvriend Niel Kidd die medeaanbieder is van die podsending So loop hy maar, die lewe en so.

“Ons het begin by Niel Kidd. Dit was eintlik sy podcast aan die begin, en ek was net die grootste aanhanger daarvan. Voor dit begin het, het ek en hy net altyd gepraat oor hoe amazing dit sal wees om ’n podcast te hê," sê Pietie. 

"Ons het die eerste episodes in Niel se raadsaal by die prokureursfirma in die Kaap opgeneem. Sedertdien het ek in Johannesburg ook begin opneem. Niel het my aangemoedig om ’n mikrofoon te koop, sodat ons meer mense van die land kan betrek."

Bekendes soos die akteurs Reynardt Hugo (Dr. Tertius Jonker in die sepie Binnelanders), 7de Laan se André Lotter en sy vrou Madelaine, asook die Hotel en Fynskrif-akteur Beer Adriaanse het al by Pietie en Niel aangesluit vir episodes van hul podsending. 

Die akteur André Lötter, beter bekend as Rickus in
Die akteur André Lötter, beter bekend as Rickus in die sepie 7de Laan, en sy vrou, Madelaine, het ook al in Pietie se podsending gekuier. Foto: Verskaf

"Ons het besluit op mense wat ons interessant vind of wat opspraak maak as gaste, of mense wat ons dink kan lekker gesels. Aan die begin het ons gedink dit help om bekende mense te hê, want hulle het sosiale media-volgelinge en hulle kan vir mense laat weet van die podcast, dan gaan die episode wyer gehore bereik," vertel Pietie. 

Pietie en sy mede-­aanbieder, Niel Kidd, tydens ’n
Pietie en sy mede-­aanbieder, Niel Kidd, tydens ’n opname met die Binnelanders-akteur Reynardt Hugo. Foto: Verskaf

Al is podsendings nog ’n baie jong medium, wil hulle graag daaraan bou, vertel Pietie. 

"Dis Afrikaans en dit laat goedvoel. Dis dieper as wat jy dink en jy mag dalk met ’n paar nuwe oorspronklike feite waarvan jy nog nie gehoor het nie, wegloop en dit kan vir jou heerlike idees en kwinkslae vir gesprekke om die braaivleisvuur gee." 

Niel en Pietie saam met die akteur Beer Adriaanse
Niel en Pietie saam met die akteur Beer Adriaanse van reekse soos Hotel en Fynskrif. Foto: Verskaf

Pietie vertolk tans op die silwerdoek die rol van Dieter in Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se tweede fliek, Vergeet my nie. Dié fliek is geïnspireer deur die ware liefdesverhaal van Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië.

Pietie het onlangs met André Velts, regisseur van Vergeet my nie, in ’n episode van sy podsending gesels.

Pietie saam met André Velts, regisseur van Vergeet
Pietie saam met André Velts, regisseur van Vergeet my nie. Foto: Verskaf

“As iemand eerlik in die podcast gesels, dan is jy dadelik op jou gemak. Daar is dan ’n konneksie en ons leer die persoon werklik ken vir wie hulle is,” vertel Pietie.

“Dit is great as ons wegstap en ons albei voel ’n konneksie ryker en die luisteraars kan ook daardie konneksie voel.” 

Jy kan hier luister na Pietie en André se gesprek. 

  • Vergeet my nie is nou in rolprentteaters te sien.
Wen so ’n luukse wegbreek vir twee in Namibië

Kyk sommer nou Vergeet my nie op die silwerdoek en jy het die kans om ’n wegbreek van drie nagte in Namibië te wen.

Al wat jy moet doen, is om dit voor 14 Maart by Ster-Kinekor of Nu Metro te gaan kyk.

Stuur dan die volgende na vmnkompetisie@huisgenoot.com:

  • ’n Foto van jou en jou metgesel, asook ’n foto van jul Vergeet my nie-fliekkaartjies.
  • Vertel vir ons in sowat 150 woorde van jou en jou geliefde se eie Vergeet my nie-oomblik.

Ons gaan een groot wenner vir die vakansieprys kies, maar almal wat foto’s van hul fliekkaartjies stuur, sal ’n Huisgenoot-voorblad ontvang waarop hulle verskyn.  

Die wegbreek sluit vlugte deur Air Namibia en bed-en-ontbyt-verblyf in die Kramersdorf-Gastehuis in Swakopmund in.

Ook daarby ingesluit is ’n bootrit en ’n 4x4-uitstappie na Sandwich Harbour by Walvisbaai deur Photo Ventures en ’n avontuur waar jy die sandduine met ’n fiets aandurf deur Swakopmund Fat Bikes.

Dan is daar boonop aandetes by die BlueGrass-restaurant by die Platz Am Meer-Waterfront, The Wreck-restaurant en Olupale-restaurant.

Die verskaffing van pryse is die borge se verantwoordelikheid. Huisgenoot sal nie aanspreeklik wees vir enige vertragings met die verskaffing van pryse nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.