Al gaan die prinses (30) maar nog net twee maande met haar kêrel uit, lyk sy smoorverlief op die 34-jarige en het sy hom reeds aan haar vriende en ouers voorgestel op ’n uitspattige partytjie wat die Indiese miljardêr Lakshmi Mittal in Londen gehou het, berig Elle.

“Hulle trou dalk selfs in 2019 – dit word reeds deur haar vriende bespreek,” het ’n bron aan The Sun gesê.

“Hulle het dadelik aanklank gevind en lag lekker saam. Hulle was saam met vakansie, en Beatrice het hom aan Fergie (haar ma) en pa voorgestel. 

“Sake beweeg baie vinnig, en dit sal niemand verbaas as hulle binnekort verloof raak nie.”

Edoardo, wat geskei is, het ’n tweejarige seun, Wolfie – wat beteken Beatrice sal ’n stiefma word as hulle sou trou, berig Mirror.

Die sakemagnaat bestuur die eiendomsmaatskappy Banda wat hy in 2007 begin het.

Die twee is deur ’n gemeenskaplike kennis aan mekaar voorgestel en was dadelik aangetrokke tot mekaar aangesien hulle in dieselfde sosiale kringe beweeg, berig Daily Mail

Bronne: Mirror, The Sun, Elle, Daily Mail