In die regte lewe is Germandt Geldenhuys en ­Je-ani Swiegelaar net boesemvriende, maar hulle het omtrént in dié buurland baljaar toe hulle onlangs op die Kinderfees op Walvisbaai as seremoniemeesters opgetree het.

“Ons was veronderstel om net so twee dae daar te wees, maar ons het ’n bietjie van ’n probleem opgedoen met ons vlugte, en toe word ons genoop om ’n ekstra dag aan te bly, ” vertel Germandt.

Je-ani aan die stuur op Walvisbaai.
Je-ani aan die stuur op Walvisbaai. Foto: Verskaf

En wat het vir hom uitgestaan?

“Ek het regtig baie gehou van die bootrit omdat ek so lief is vir die buitelewe. Die see is ook ’n plek wat ek nie so goed ken nie so dit was ’n belewenis om ’n bekwame skipper te hê wat ons kon gaan rondwys."

Saam met die skipper Henry van Bosch.
Saam met die skipper Henry van Bosch. Foto: Verskaf

“Kykers het ons gereeld trompop gevra om ‘die ring’ te sien,” vertel Germandt oor hul drie dae in Namibië. 

“Dis ongelooflik om deel te kan wees van ’n produksie wat soveel mense so meevoer elke weeksaand.” 

­Lawwe waterpret.
­Lawwe waterpret. Foto: Verskaf

“Ek sou nie omgee as die skrywers op ’n troue in Namibië besluit nie, solank dit my ’n verskoning gee om weer dié besonderse land te besoek.”