Die mediamagnaat Oprah Winfrey het by die rolverdeling van The Handmaid’s Tale aangesluit vir die reeks se tweede seisoen, wat onlangs op M-Net begin het.

In die episode word ’n toespraak in Oprah se stem oor ’n verlate motorradio gehoor. Offred (Elisabeth Moss) hoor dit terwyl sy oorweeg of sy vir altyd van Gilead moet wegry. Dit laat aanhangers aanneem dit is dalk die stem van ’n uitgeweke Amerikaanse president.

Oprah (64) is ’n groot aanhanger van die program. Dit het die reeks se skepper en uitvoerende vervaardiger, Bruce Miller, laat besluit om haar te nooi om deel daarvan te wees.