Bobby het Donderdag die roerende video op sy Instagram-profiel gedeel.

“Dit het my so baie geraak. Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie. Sien jou by die konsert in Port Elizabeth môreaand, Keira,” het hy onderaan die inskrywing geskryf. Hy het dié boodskap met ‘n hart-emoji en “dankie” afgesluit.

In die video vertel Keira se ouers hulle het ’n verassing vir haar.

Hierna oorhandig hulle ’n pienk toegevoude papier. Toe die jong Bobby-bewonderaar besef wat in die gevoude papier weggesteek is, het sy onmiddellik in trane van blydskap uitgebars. Sy bedank dan haar ouers met drukkies en hou die kaartjies vir Bobby se konsert styf teen haar bors.

"Ek gaan vir Bobby van Jaarsveld sien," kom dit snikkend terwyl die trane van Kaira se wange stroom.

Die konsert word Donderdagaand by die Boardwalk-Amfiteater in Port Elizabeth gehou.

Bobby (31) wat as The Voice SA-afrigter op die kassie te sien was, het reeds sowat 194 000 aanhangers op Instagram en die video het is byna 31 000 keer al gekyk.