Karlien het ’n video van die skietles tydens hul jagnaweek op Instagram gedeel. 

Op die video maak Joe vir Daniël touwys van hoe die geweer gebruik moet word. “Seuns sal seuns bly. Joe en Daniël,” het Karlien onderaan die video geskryf.

Terwyl Daniël skiet, hou Joe ’n wakende oog. "Mooi," sê Joe op ’n kol. Later sê hy: "Daar's die blikkie."

Boys will be boys. Joe en Daniël ????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Op die foto dra die kleingoed kamo-uitrusting.

“Ek sal nooit kan beskryf wat jy vir hierdie seuns van my beteken nie Joe.... dankie!! Joe leer my manne skiet! Jag naweek, lief vir julle 3 met my HELE hart,” het Karlien onderaan die kiekie’s van haar kroos geskryf. 

Selfs die kleingoed se ouma, Karlien se ma Ronel Brink, het kommentaar gelewer en gesê hoe dankbaar hulle vir Joe is. “Joe is ‘n baie goeie man en ons eer regtig God vir hom,” het sy onderaan die foto’s van die drie bygevoeg.

Ronel het ook opgekom vir hom toe sommige gal braak oor die seuns leer skiet. "Hy is hulle stiefpa wat hulle soos sy eie behandel. Dit verdien respek. Nie kritiek," het sy op Instagram geskryf.

Karlien en Joe het ook ’n ses maande oue babadogter, Elah. Die sangeres deel gereeld kiekies van Elah in die sosiale media. Karlien het onlangs ‘n video gedeel waar sy klein Elah skrik maak en die dan lekker lag.“

"Elah skrik so groot aan die einde van die video maar lag dan net weer,” het sy by die video geskryf, wat al meer as 90 000 trefslae het.

????Elah skrik so groot aan die einde v die video maar lag dan net weer????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on