Die nuwe aanbieder van kykNET se maatsoek-reeks Boer soek ‘n vrou is ’n borrelende skoonheid van die Kaapstadse voorstad Claremont. Vir baie mense kan die naam Marciel Hopkins dalk nog onbekend wees, maar hierdie 26-jarige internasionale model, motiveringsspreker en praktiserende lewensafrigter gaan binnekort ’n bekende en geliefde gesig op die kassie wees.

Marciel Hopkins
Foto: Sulet Fourie.

Marciel is vandag tydens ’n funksie by die Saxon Hotel in Sandton as die aanbieder van seisoen 13 van hierdie gewilde reeks bekendgestel.

Marciel vertel dit was ‘n “euforiese gevoel” toe sy hoor sy het die oudisie geslaag om die nuwe gesig van die reeks te wees. 

“Ek wou myself knyp net om seker te maak ek het reg gehoor!”



Dit was egter nie haar eerste probeerslag nie: Sy het twee jaar gelede ook ’n oudisie gedoen.

Vir baie van die deelnemers is dit ‘n emosionele reis, maar Marciel glo haar agtergrond in sielkunde en lewensafrigting “is die beste voorbereiding wat ‘n mens kan kry”.

“Ek is baie passievol oor mense en om ‘n verskil in hul lewe te maak,” sê sy. “Ek is nie iemand wat wegskram van emosies nie.” 

Aan die einde van haar honneursgraad het haar loopbaan ’n nuwe en opwindende rigting ingeslaan: Marciel is aangewys as een van die 12 Mej. Suid-Afrika-finaliste wat in Maart 2016 vir die kroon sou meeding.


Hoewel Ntandeyenkosi Kunene daardie jaar as die nuwe Mej. SA gekroon is, het Marciel nie haar drome om modelwerk te doen en mense te inspireer laat staan nie. 

View this post on Instagram

My sweetie pies - Korsie en Krummels ????

A post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

In April 2016  het sy by ICE Genetics as ’n plusgrootte-model of model met kurwes aangesluit en die geleentheid benut om ander vroue te bemoedig dat gesondheid nie ’n spesifieke broekgrootte is nie.

Sy het ook hart oopgemaak oor hoe die gewig wat sy verloor het om aan Mej. SA deel te neem, haar nie gelukkig gemaak het nie.

View this post on Instagram

'n Hele paar van julle het vir my boodskappe gestuur om te vra hoe ek weer gewig verloor het of hoekom ek probeer. Dankie vir die liefde en omgee waarmee julle dit gedoen het! ?????? Ek het op 26 werklik my 'happy place' met my liggaam bereik waar my gewig uiteindelik nie meer wipplank ry nie. Ek glo dit sou al vroëer in my lewe gebeur het, as ek nie my ligaam onder soveel spanning geplaas het vir Mej. Suid-Afrika nie. Dit het my 2 jaar geneem om ná die kompetisie weer 'n gesonde verhouding met kos te bou, want ek was só deurmekaar oor wat goed, sleg of werklik gesond is. Onthou: Gesondwees is 'n unieke journey vir elke individu en ons kan onsself nooit met ander vergelyk nie. Ons moet skoonheid op ons eie terme defineer! Dit gaan nie oor wat die skaal of maatband vir jou sê nie, maar wel oor hoe jy oor jouself voel. Ek weet nogsteeds nie wat ek na mej. Suid-Afrika weeg nie, want ek besit nie 'n skaal nie ???? Ek het wel 'n balans gevind met kos en oefen: Om my groente en hoender te eet, maar om ook my vonkelwyn en pizza te geniet. Ek oefen nie om gewig te verloor nie, glad nie, maar wel om fiks en gesond te bly. Alles verander as jy keuses maak uit 'n plek van selfliefde en nie obsessie nie. Ek belowe jou die teenoorgestelde gebeur: Hoe meer jy fokus op jou gewig, hoe minder gaan jy daaroor kan ontspan en jou eie natuurlik ritme vind. Lig, liefde en binnekort deel ek iets opwindend met julle... ???????? Foto geneem deur @taahirmatthews, H&MU deur @giselleventer ?? Big smile thanks to @bekker_dental_aesthetics, healthy skin credits @theskinmedic_za ?? #naturallight #healthyskin #bigsmiles #onfilm #filmphotographer #studio #skinconfidence #BekkerDental #GüntherOliver #healthnotsize #beautybeyondsize #balance #happyplace

A post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

“Mense het my gewigsverliesreis met sukses vereenselwig, waarmee ek deels saamstem, want ek het nog nooit so hard gewerk om ’n doelwit te bereik nie,” het sy destyds op Instagram geskryf. “Maar om rietskraal te wees het my nie my meer waardig of gelukkig laat voel nie.”

“Gesondheid is nie ’n sekere grootte of gewig nie; dit is ’n leefwyse,” het haar leuse aanlyn geword.

Die sangeres en aktrise Leah het vir die afgelope twee seisoene as aanbieder van Boer soek n vrou voor die kameras verskyn. Sy het egter aan die einde van die 12de seisoen – in Januarie vanjaar – aangekondig dat sy die reeks gaan verlaat.

“Met ’n baie swaar hart het ek vir oulaas vanaand op Boer soek n vrou verskyn – wat ’n avontuur,” het sy op Instagram geskryf kort nadat die laaste episode uitgesaai is. “Boere, VREKKIT EK LOVE JULLE! Julle het my laat lag, huil, dink, dans en en en en, duisende miljoene dankies!


Marciel word nou die sesde aanbieder van die reeks wat in 2007 die eerste keer uitgesaai is.  

  • Inskrywings vir die 13de-seisoen van Boer Soek ‘n Vrou open op 24 Februarie terwyl die reeks vanaf Oktober op kykNET uitgesaai word.