’n Bron beweer die 24-jarige sanger het met depressie gesukkel voor hy en Hailey (22) in Junie verlede jaar weer begin uitgaan het, maar die model het besorg geraak toe sy slaappatroon onlangs verander.

“Hy slaap veel meer as gewoonlik en sukkel tot baie laat in die oggend of vroegmiddag om uit die bed te kom,” beweer die bron.

Biebs was nog altyd openlik oor sy geestesgesondheidsprobleme en het in ’n onlangse Vogue-onderhoud gepraat oor hoe sy vrou hom help om stabiel te bly.

“Ek is die emosioneel onstabiele een. Ek sukkel om vrede te vind. Ek voel net ek gee so baie om. Ek wil hê alles moet goed gaan en mense moet van my hou,” erken hy.

“Hailey is baie logies en gestruktureerd, en dis wat ek nodig het.”

View this post on Instagram

very thankful ??

A post shared by Hailey Rhode Bieber (@haileybieber) on

Die Biebs se stryd

"Ek voel afgesonderd. Jy's in jou hotelkamer en daar's bewonderaars oral rondom jou; die paparazzi volg jou waar jy ook al gaan, en dit is baie intens," het hy reeds in 2015 sy lewe in die kollig beskryf.

In Februarie 2016 het Justin tydens 'n onderhoud met Caity Weaver van GQ vertel dat hy probeer om minder Adderall te drink, 'n middel wat veronderstel was om sy slaapprobleme te help verlig. Maar in plaas daarvan het hy net meer angstigheid ervaar en het hy die medikasie daarvoor die skuld gegee.

Hy het in dieselfde jaar aangekondig dat hy nie meer selfies met bewonderaars gaan toelaat nie.

"Dit het op die punt gekom waar mense nie eers meer 'hi' vir my sê of my as 'n mens herken nie. Ek voel soos iets in 'n dieretuin, en ek wil graag my gesonde verstand behou."

Justin het in Augustus 2017 op Instagram tot groot teleurstelling van sy aanhangers aangekondig dat hy nie verder met sy wêreldtoer kan voortgaan nie omdat hy sy "denke, siel en hart wil genees". In daardie stadium het hy reeds 150 optredes in 40 lande agter die rug gehad.

Die oorblywende 14 was net vir hom te veel.

Justin Bieber se aankondiging oor die kansellasie
Justin Bieber se aankondiging oor die kansellasie van sy wêreldtoer. Foto: Instagram (Justin Bieber)

Bronne: dailystar.co.uk, therecoveryvillage.com, gq.com, statnews.com, theguardian.com, wmagazine.com