Elana het haar opwinding op Instagram gedeel met die woorde: “Ek is so opgewonde! Dis amptelik. Ek is terug by Jacaranda FM . . .”

I’m so excited! It’s official. I’m back on @jacarandafm from the 1st of August, weekdays from 9am to 12pm #Workzone ? ?? yea!!!!! Read more on jacarandafm.com

A post shared by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on

En hoe voel sy daaroor om die Kaap vir Johannesburg te verruil? 


Tensy jy ’n ordentlike rede het, verruil jy nooit die Kaap vir Johannesburg nie. 

  • Jy verruil net die Kaap vir Johannesburg as jy jou onderneming uitgebrei het en kantore in die Kaap én in Johannesburg het.
  • Jy verruil die Kaap vir Johannesburg as jy ’n huis in albei stede het en kan teruggaan Kaap toe om so baie van jou ma en skoonma se melktert en kerrie te eet dat jou maag pyn.
  • Jy verruil die Kaap vir Johannesburg as jy die geleentheid kry om ’n omroeper op die beste radiostasie in die land te wees – een by wie jy al vantevore was, vir wie jy lief is en saam met wie jy verandering in die wêreld wil sien gebeur. 
  • Jy verruil die Kaap vir Johannesburg as jy jou geliefde man (Ian Bredenkamp) en die grootste geskenke in jou lewe, jou kinders, saam met jou kan vat. 

Elana sal vanaf 1 Augustus Jacaranda FM se WorkZone (weeksdae tussen 09:00 en 12:00) aanbied. Sy neem oor by Mack Rapapali, wat na die laataandprogram, tussen 22:00 en 01:00, Maandag tot Donderdag skuif. Sy sal ook ’n podsending, Elana Afrika’s Baby Brunch, op die stasie se webtuiste aanbied.  

Maar dis nie al nie! Sy is van 10 Julie af in die nuwe kykNET-regsdrama, Fynskrif, te sien waarin sy die rol van Gertrude vertolk.