Die geliefde Spieëltjie-sanger het Woensdagoggend ’n foto gedeel van ’n treklorrie wat op pad is wie weet waarheen. Hy het daarby geskryf: “En so begin dit...”

Sy ma, Ronel Brink, het die foto gedeel met ’n klomp huilende gesiggies. “Ek mag niks sê tot Bobby nie self gereed is om te deel waarheen hy gaan nie,” het Ronel by navraag gesê.

Bobby se aanhangers krap omtrent kop oor die groot trek. Sommige wou weet of die sanger, sy vrou, Annatjie, en hul drie kinders, Sion (7), Leben (5) en Armani (2), dalk Pretoria gaan verlaat. Bobby het egter nie op hul kommentaar reageer nie.

Anjé Coetzee het geskryf: “Sê asseblief jy trek Kaap toe!?”

Bobby het juis onlangs in die Moederstad ’n draai gemaak om aan die tweede seisoen van sy werklikheidsreeks In Jou Skoene te skiet.

Of hulle nou trek na ’n nuwe huis in Pretoria en of hulle al die pad Kaap toe verhuis, ons weet sommer daar wag opwindende nuwe avonture vir Bobby en sy gesin.