Al het die 25-jarige nie amptelik kommentaar gelewer oor hoe sy oor Justin se verlowing aan die model Hailey Baldwin voel nie, lyk dit asof die Behaving Badly-ster haar lewe geniet – en volgens bronne het sy heeltemal van haar eks vergeet.  

“Selena gee nie om nie,” het ’n bron aan Us Weekly gesê. “Sy is oor Justin en die laaste keer dat hulle uitgemaak het, het dit haar kans gegun om van hom te vergeet.” 

Die sangeres en aktrise het gister in haar vriendin Theresa Mingus se Instagram-inskrywing verskyn terwyl die twee op ’n boot op die Hudsonrivier in New York ontspan het, berig Pedestrian.

just LOOK AT HER MY LITTLE BABY LOOK SHE IS CONFIDENT SHE IS AMAZING AND GOD T IS FABULOUS • [ @selenagomez #selenagomez @tmarie247 #theresamingus ]

A post shared by mae and aeris : queen and king (@bestdressedjenny) on

Justin (24) het sy aan-af-meisie, Hailey, Saterdag die jawoord gevra nadat hulle romanse maar net sowat ’n maand gelede hervat het, berig Bustle.

Volgens ’n bron wat met E! News gepraat het, het Bieber die groot vraag met hul vakansie in die Bahamas gevra.

“Hulle is verloof en dit het Saterdagaand voor ’n groterige skare in Baker’s Bay (in die Bahamas) gebeur,” sê die bron.

Die bron vertel Justin het die ring reeds in New York gereël, want hy het geweet hy sou haar vra om met hom te trou.

“Hulle is onafskeidbaar sedert hulle herenig het en Justin weet hy kan nie sonder Hailey leef nie,” sê die bron.

Bronne: US Weekly, Bustle, Pedestrian, E News!