TONY DANZA (66)

Onderwyser en winkeleienaar

Die voormalige Who’s the Boss-ster het sy hand aan ’n paar dinge gewaag sedert hy televisie verlaat het. Hy het by ’n skool in Philadelphia Engels gegee, is as ’n predikant bevestig, bestuur ’n deli in sy tuisstad, New York, en het ’n kookboek uitgereik.

Tony Danza in vroeër jare. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Tony Danza as winkeleienaar. Foto: Magazine Features

VANILLA ICE (50)

Huisopknapper

Toe sy raploopbaan begin taan, het Vanilla ’n eiendomswebtuiste op die been gebring. Nou is hy ’n eiendomsbelegger en huisopknapper.

Vanilla Ice in vroeër jare. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Vanilla Ice as deel van die Vanilla Ice-projek. Foto: HGTV

FREDDIE PRINZE JR. (41)

Kookboekskrywer

Nadat hy die hartebreker in I Know What You Did Last Summer (waarin hy sy vrou, Sarah Michelle Gellar, ontmoet het) gespeel het, het hy ’n uithaler in die kombuis geword. Hy het sy eerste kookboek in 2016 uitgereik.

Freddie Prinze Jr. in vroeë jare. Foto: Gallo Images/ AFP
Freddie Prinze Jr. met sy kookboek. Foto: Gallo Images/ Getty Images

FRANKIE MUNIZ (32)

Renjaer en tromspeler

Die voormalige kinderster van die trefferreeks Malcolm in the Middle is nou ’n beroepsrenjaer. Hy was ook al ’n tromspeler en bestuur die rockgroep Astro Lasso.

Frankie Muniz in Malcom in the Middle. Foto: Gallo Images/ AFP
Frankie Muniz as beroepsrenjaer. Foto: Great Stock/ Splash News

GENE HACKMAN (87)

Romanskrywer

Hy is lank as een van die beste akteurs in Hollywood beskou, en mense was geskok toe hy in 2004 die ­silwerdoek vaarwel toeroep. Die ­akteur het hom sedertdien in skryfwerk verdiep. Hy het sy eerste boek, Payback at Morning Peak, wat in die Ou Weste afspeel, in 2011 uitgereik.

Gene Hackman as akteur. Foto: Gallo Images/ AFP
Gene Hackman is nou ’n romanskrywer. Foto: Gallo Images/ Getty Images

DYLAN SPROUSE (25)

Bierbrouer

Nadat die voormalige kinderster by die Disney-reeks The Suite Life of Zack & Cody weg is – waarin sy tweelingbroer, Cole, ook gespeel het – het hy ’n ­­kroeg en brouery, Bushwick’s All-Wise Meadery, in Brooklyn, New York, oopgemaak. Hy hou die titel as die jongste meesterbrouer in Amerika.

Dylan Sprouse met sy broer Cole, in The Suite Life of Zack and Cody. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Dylan Sprouse is nou ’n bierbrouer. Foto: Twitter

KIRK CAMERON (47) 

Evangelis

Die voormalige ster van Growing Pains het sy akteur­sloopbaan beëindig om op sy Christelike geloof te fokus. In 2002 het hy en die evangelis Ray Comfort van Nieu-Seeland en die radioaanbieder Todd Friel The Way of the Master ­gestig. Dit is ’n bedienings-en-opleidingswebtuiste wat onder meer ’n radio- en televisie­program en kursusse in evangelisasie bied. 

Kirk Cameron is ’n voormalige ster. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Kirk Cameron is nou ’n evangelis. Foto: Gallo Images/ Getty Images

STEVEN SEAGAL (65)

Polisiebeampte

Die akteur, wat bekend is vir hoofrolle in aksie- en gevegskunsrolprente soos Under Siege en Above the Law, werk ook as ’n reservis-polisiebeampte en is by die opleiding van vrywilligers betrokke. Hy speel nog soms toneel. 

Steven Seagal as akteur. Foto: Gallo Images/ AFP
Steven Seagal is nou ’n polisiebeampte. Foto: Great Stock/ Splash News.