As jy daardie gesig skielik in die middel van die nag moet sien, skrik jy jouself dood.

Die vreeslike gesig is dié van Bobby van Jaarsveld.

Hy het op Instagram ’n foto geplaas van homself waar hy só gegrimeer is dat jy hom byna nie herken nie.

Maar Bobby en sy ma, Ronel Brink, wil niks rep oor die rede vir dié rillergesig nie.

“Dit is ’n groot verrassing. Julle sal maar moet wag en sien,” sê Ronel aan Huisgenoot.

Meer as dít wil sy nie sê nie.

Een ding wat ons wel weet, is dit het niks te doen met Halloween wat vanaand wêreldwyd gevier word nie.

“Ons vier nie Halloween nie en neem nie deel daaraan nie,” het Bobby in sy inskrywing geskryf.

Wat kan dit wees?

Ons wag in spanning, Bobby.