Die poniekoerant The Sun berig eksklusief die twee Hollywood-ikone Charlize Theron en Brad Pitt is baie liefie-diefie saam gesien nadat hulle twee afsonderlike fliekvertonings bygewoon het en mekaar daarna by ’n kroeg ontmoet het. 

Die tweetjies is albei bekend vir hulle bekende liefies.

Die 55-jarige Brad is die afgelope twee jaar gereeld in die kollig oor die voortslepende toesigstryd van sy ses kinders, Maddox (17), Pax Thien (15), Zahara (14), Shiloh (12), Knox (10), Vivienne (10), wat hy en sy eksvrou en Oscar-wenner, Angelina Jolie onderskeidelik saam gehad en aangeneem het.

Hy was ook al aan die sy van ander Hollywood-sterre soos Sinitta, Gwyneth Paltrow en Jennifer Aniston, sy eerste vrou, gewees. 

Charlize aan die ander kant is net so gewild onder Hollywood se hubares.

Sy was tot 2015 nog verloof aan die akteur Sean Penn voor die verlowing beëindig word. Ander bekendes aan wie se sy die ma van twee, Jackson (6) en August (4), was hartebrekers soos Keanu Reeves, Ryan Reynolds en Alexander Skarsgard.

Volgens The Sun se bron “sien die paartjie mekaar al amper ’n maand. Hulle is al lankal vriende – nadat hulle ironies genoeg deur haar eks Sean aan mekaar voorgestel is – maar dinge het ontwikkel”.

Nou ja toe, ons dink daar is opwinding in die lug. Al wat ons nou kan doen is wag en sien . . . 

Bronne: The Sun; Daily Mail