Nie net het hulle sowat agt maande gelede ’n seuntjie, Shiloh, verwelkom nie; as ons reg kyk het die tweetjies pas verloof geraak.

Theodore het Saterdag pragfoto’s gedeel waar hy op een knie voor sy oorstelpte prokureur-meisie staan, kompleet met ’n pragtige Afrika-sonsondergang in die agtergrond. 

Volgens Theodore se Instagram-inskrywing het hy die groot vraag by die Dinokeng-natuurreservaat in Gauteng gevra. Volgens dié Groot Vyf-reservaat se webtuiste is dit dalk die enigste reservaat ter wêreld wat so naby aan ’n stedelike gebied is.  

Onderaan die inskrywing word die paartjie oorval met gelukwensinge, ook van sterre soos die akteur Neels van Jaarsveld, die aanbieder Ivor Price en die rapper Claudia Witbooi. 

View this post on Instagram

//...this is how we end a perfect day

A post shared by Theodore ???? (@theodore_jantjies) on

Theodore het nog nie op Huisgenoot se navrae gereageer nie, en sy kommentaar sal bywerk word sodra ons dit kry.

View this post on Instagram

//..??????

A post shared by Theodore ???? (@theodore_jantjies) on