Want aan haar ringvinger pryk daar ’n stewige knoets!

Nee, sy is nie verloof nie, lag Mila toe Huisgenoot haar oor dié video uitvra. Die verloofring is vir ’n projek waaraan sy tans besig is om te verfilm.

Mila Guy
Mila dra ’n verloofring in een van Schalk se Instagram-Stories. Foto: Instagram.

In ’n reeks video's op Schalk se Instagram is dit eintlik die aktrise Barbara Brasington wat die gewilde Vanilla Ice-liedjie Ice Ice Baby op ’n grappige wyse saamsing wat die fokus geniet. Maar sodra Schalk die kamera in Mila en Beer, wat ook naby is, se rigting swaai, is daar iets blinks aan Mila se hand sigbaar. 

In die regte lewe gaan die Liewe Kersfeesvader-aktrise uit met die Kanarie-akteur, Beer Adriaanse, en dié tweetjies koer gereeld in die sosiale media en lyk dolverlief.

Schalk, Mila, Barbara en Beer gaan eersdaags weer saam met met die akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch in die toneelstuk Die Intermissie by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom te sien wees.

View this post on Instagram

??????

A post shared by mila guy (@milaguy) on

Beer het vroeër vanjaar in ’n onderhoud vir Huisgenoot vertel dat wanneer hy nie agter sy rekenaar, sy tromstel of voor die kameras is nie, hy dit geniet om saam met Mila staproetes aan te durf. 

View this post on Instagram

??????

A post shared by mila guy (@milaguy) on